Sulani Grobler

Sulani Grobler is ’n taalvraat uit die Kaap.

Sy is bedags te vinde op die wynplaas waar sy haar brood en botter verdien deur Duitse toeriste te trakteer, maar saans versin sy haar versies in ’n huisie in die Strand.

As laatlammetjie van ’n fenomenale moeder en lankoorlede pa, wat bombeserk teruggekeer het van die Grens af, bied haar omgewing genoegsame materiaal vir verwondering en verwyt.

Sy dwaal graag en gereeld na verre lande en vermy die BA graad in kommunikasie wat sy nogsteeds nie voltooi het nie.

Eendag as sy groot is, wil sy op ’n plaas bly en die guts hê om haarself ’n skrywer te noem.

 

Opgedateer/Updated: 2011-07-20

Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

"Halleluja" deur Sulani Grobler

Sulani Grobler 2011-09-27

"Eva" deur Sulani Grobler

Sulani Grobler 2011-09-27

"Selfmoord" deur Sulani Grobler

Sulani Grobler 2011-09-27

Halleluja

Sulani Grobler 2011-08-25 Halleluja geruk tot stilte onder jou hande wintersnag in dons gedek ’n feesmaal aan jou ysterkatel refrein van vel oor kurwes berge dale hande vol hallelujas in die nag oopmond gesing jou hare op my gesig jou tong my ...
Top