"Die storie" deur Pierre Ackermann

  • 0

Die storie

As dinge maar net gewerk het soos dit in feëverhale werk
As elkeen van ons maar net ons perfekte love story kan hê
Waar alles net perfek is, alles net reg is
Alles net in plek val soos wat jy dit graag wil hê

As ek tog net my prinses kan ontmoet
Haar kan red van haar gevaar
Haar hart nader kan roep
Saam met haar kan loop totdat die pad voor my oë opraak
Saam met haar loop tot al die bekommernisse weg sal vaar

Ek wens ek kan weer in fairy tales en love stories glo
Ek wens ek’t geweet hoe om lugkastele grond toe te bring
Ek wens jy kan terugkom en in my oor fluister jy is jammer
Maar ongelukkig is dié nie ’n movie nie
Dié is die werklikheid
Ek wens ek kan eendag deur my storie blaai en sê:
“And they lived happily ever after.”

Lyk vir my ek’s nie die prins in jou storieboek nie
Ek’s maar net ’n betekenislose prent
’n Woordjie wat jy nie eers sal raaklees nie
Al klink ek dalk bekend
 
Maar in my storie is jy die hoofkarakter
Die antwoord na al my smart
In elke droomblaai het jy verskyn
Die verligter van my pyn
Sonder jou sal my storie glad nie sin maak nie
Maar nou is jy weg
Jy los my hart met ’n stuk wat kort
My onvoltooide storie
Sinloos is als
Hulpeloos voel ek …

Ek wens ek kan weer in fairy tales en love stories glo
Ek wens ek’t geweet hoe om lugkastele grond toe te bring
Ek wens jy kan terugkom en in my oor fluister jy is jammer
Maar ongelukkig is dié nie ’n movie nie
Dié is die werklikheid
Ek wens ek kan eendag deur my storie blaai en sê:
“And they lived happily ever after.”

Ek wil jou nie net sien met toe oë nie
Glimlag vir my met my oë ook oop
Voltooi asseblief my storie
Verbaas my soos in ’n feëverhaal
Sal jy hier vir my wees
Sal jy my weer kom genees
 
Maar nou voor die laaste bladsy maak ek die storieboek vir eers toe
Miskien sal die laaste bladsy wees die antwoord op al my hoop
Sal ons eendag hand aan hand in die sonsondergang inloop
Sal jy weer jou arms om my vou

Eendag sal ek die moed kry om die boek vir die laaste maal oop te maak
Gereed om gebreek te word
Maar steeds sal ek hoop daar staan”
“And they lived happily ever after ...
The end.”
 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top