Betekenislose verlange
Dink jy nou aan my soos ek aan jou
Wonder jy ooit of ek dit nog hier binne-in my hou
Kan jy nog onthou ons tye saam
Dit was min maar onvergeetlik daar
Ek wonder steeds hoekom nie
Wat het gebeur
Is ons nie ’n kans werd nie
Want jy sal nooit weet as jy nie werklik probeer nie
Die lewe is vol kanse, wat gaan jy daarmee maak
Ek weet nie hoe om te vergeet nie
Ek wens ek was nie so na?ef nie
Ek wens ek kan weer my arms om jou vou
Want elke dag mis ek jou
Al sien ek jou gereeld
En iets breek hier binne my
Want dis net jy
Ek sal jou nooit kan vergeet nie
Soms val my wêreld uitmekaar
En ek weet nie meer watter kant toe nie
Alles voel sinloos
Wie sal dit ooit verstaan
Sal jy daar wees om my te vang wanneer ek val
Of sal ek weer breek in ’n duisend stukke in
Want dis net jy wat my hart weer heel kan maak
Dis net jy wat die stukkies weer kan toeplak
Ek weet nie hoe om te vergeet nie
Ek wens ek was nie so na?ef nie
Ek wens ek kan weer my arms om jou vou
Want elke dag mis ek jou
Al sien ek jou gereeld
En iets breek hier binne my
Want dis net jy
Ek sal jou nooit kan vergeet nie
Vertel my jy dink nog aan my
Sê my jy’s altyd hier vir my
Laat my voel soos die enigste een vir jou
Wees weer die glimlag op my gesig wanneer ek net aan jou dink
Gee dié hartklop weer betekenis
Kom lê saam met my onder die sterrehemel vanaand
![]() |



