Droomkasteel
Onbekende dreig op die horison
gaan met vrae en onsekerheid my dae om
net ‘n dowwe beeld wat voor my lê
kontempleer en probeer vorentoe beweeg.
Soms wens ek dat ons weer soos kinders kan baljaar
Rondomtalie ry en saam met Oupa grappies maak
Maar tyd stap aan ... moet ek my drome maar laat vaar?
Tyd stap aan en hierdie seun word ‘n man.
Ek onthou die dae toe niks onmoontlik was nie.
Ek onthou die dae toe liefde nie seer kon maak nie.
Ek onthou veral hoe groot ons drome was.
Ek onthou toe ons drome vol kastele was.
![]() |



