Donasies
Dit maak nie saak hoe hard ek skree nie
Hoekom wil ons nou vergelyk?
Dit maak nie saak wat met my gebeur nie
Ek’s net ’n siel in ’n half-lewende lyk
Dit maak soms seer dat jy niks doen nie
Hoekom nou jouself verraai?
Dit maak soms seer dat jy niks sê nie
Jy’s net nog ’n stem in ’n sagte lawaai
Ek leef van jou donasies
En soms ’n stukkie brood
Jy leef in jou gemaksone
Verwyderd van my nood
Jy klim jou leer van mag en geld
En leef jou elke wens
Maar stop vandag en sien my raak
Ek bly nog steeds ’n mens
Jou hemel hier op aarde
Hou jou veilig teen my hel
![]() |



