Gevalle engel
Jy is ‘n verdwaalde wandelaar
Jou soektog loop in sirkels, aanmekaar
Soek jy na verlore skatte, jy het jou tyd verspeel
Die stralekrans om jou het verdwyn
Koor
Ek wil weghardloop, weghardloop, weghardloop
Jy is nie daar om te troos nie
En ek sien jou nie, sien jou nie, sien nie
Jy’s lankal ‘n gevalle engel in my oë.
Jy is jou eie gevangene
Verstrengel in jou selfversekerdheid
Jy wil nie sien, jy hou jou blind
Jy is mos so trots en fier
Die stralekrans om jou het verdwyn.
Brug
Die twyfel in jou oë gee jou weg
Jy kan nie meer langer teen jou eie leuen veg
Jy’s lankal ‘n gevalle engel in my oë (2x)
Koor
![]() |



