Die enigste manier
Hier staan ek nou, arms oop voor jou, en ek wens ek kon dit net beter vir jou sê
Want dit wat ek voel wil ek net met jou deel ... al wat ek vra is om my ’n kans te gee
Want dis die enigste manier wat ek ken en wat ek het
Om te sê ... ek’s hier vir jou en ek wil net by jou wees
Is dit so verkeerd as ek wil eerlik wees?
Hoe ek oor jou voel sal jy nooit weet ...
Want op die oomblik verkies jy ’n wêreld wat ek nie deel nie
Ek kan dit verstaan, maar ek weet nie of ek wil nie!
Dis die enigste manier wat ek ken en wat ek het
Om te wys... ek’s hier vir jou, ek sal my alles vir jou gee
My gevoelens trek veel verder as die vlees.
![]() |



