"Hoop" deur Pierre Ackermann

  • 0

Hoop

Soms is hoop ’n onwerklike droom wat nooit sal realiseer nie
’n leë gedagte wat nooit, ooit sal gebeur nie.
Soms hoop ek dat als net oukei sal wees
en dat dié hartbreek nie sal gebeur nie.

Maar die werklikheid dink soms anders as wat jy graag sal wil hê.
Die werklikheid is soms wreder as wat my woorde ooit sal kan sê.
Die werklikheid is die ding wat jou drome uitmekaar kan skeur.
Die werklikheid is die ding wat soms jou hart in stukke laat breek

Want my woorde beteken niks as jy nooit daarna sal luister
en my gevoelens vir jou nutteloos, ongetwyfeld, die waarheid.
Hoekom kan ek nie vergeet nie, hoekom bly jy steeds hier?
Ek wil die deur vir jou oopmaak, maar my hart oorweldig my om daarteen te besluit.

Herinneringe is die dinge waaraan jy soms kan vasklou,
’n klein stukkie geluk, die hart se seerste stuk.
Die onbekende, dié wat jy nie weet wat om van te verwag,
maak jou soms die bangste,
die eerste keer, die skaamste keer.
Soms weet jy nie wat om te doen nie, omdat die liefde nog nooit vir jou gewerk het nie.
Want soms is jy net bang vir nog ’n hartbreek,
dan gebeur dit net weer.
 
Want my woorde beteken niks as jy nooit daarna sal luister
en my gevoelens vir jou nutteloos, ongetwyfeld, die waarheid.
Hoekom kan ek nie vergeet nie, hoekom bly jy steeds hier?
Ek wil die deur vir jou oopmaak, maar my hart oorweldig my om daarteen te besluit.

Jy sal nooit weer na my verlang nie,
Jy dink seker nooit meer aan my nie
Maar die waarheid is, ek doen nog elke dag.

Soms wonder ek of jy orraait is
Soms wonder ek wat jy doen en waar jy is.
Soms wonder ek of jy nog aan my dink en of ek ooit iets vir jou beteken,
want jy beteken die wêreld vir my en soms wens ek dit is nie so nie.
Ek wens soms ek was nie so ’n lafaard nie, en ek wens soms ek kan weet hoe om iets te wees waarna jy sal verlang.

Want
Soms hoop ek vir ’n beter môre
Soms hoop ek vir ’n wonderwerk
Soms hoop ek vir geluk,
’n glimlag op die gesig.
Maar dit is seker té laat nou.
Want
Soms hoop ek vir jou.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top