Atlas
Soek my in jou atlas
Soek my op jou kaart
Soek my in die hemel
Soek my op die maan
Soek my in die velde
Langs die pad waarop jy reis
En as jy my gevind het
Vat my saam tot by die huis
Vat my saam tot by die huis
Koor 1
Dra my oor jou berge
Dra my waar jy gaan
Dra my in jou arms
Dra my altyd saam
Dra my in jou antwoorde
Dra my binne jou
En as jy begin twyfel
Vertaal ek my vir jou
Sodat jy ook kan weet
Sodat jy ook kan weet
My hart behoort aan jou
Belê in my arms
Belê in my hart
Belê in my weerstand
En belê in my smart
Belê in my sienings
Belê in my, sag
Belê in my geloof
En belê in my lag
Koor 2
Dra my in jou arms
Dra my waar jy gaan
Dra my, verdra my
Dra my altyd saam
Dra my in jou antwoorde
Dra my binne jou
En as jy begin twyfel
Vertaal ek my vir jou
Sodat jy ook kan weet
Sodat jy ook kan weet
My hart behoort aan jou
![]() |



