Fisika
Vers 1
Dis complicated
Heavy underrated
Die century se understatement
Die grammatika van liefde
’n Probleem wat almal aanskou
So waarna kyk ons nou:
Koor
Dis ek plus jy gelyk aan ons
Dis vierkante en wortels
Dis drank in leë bottels
Die fisika wat min verstaan
Vergelyking met ’n dowwe bestaan
Vers 2
Donderdae vergelyk met wonderdae
Geen moeilike vrae
’n Antwoord net ja
Diè deel van maal en minus
Gewoonlik gelyk aan niks
So toe try ons weer:
Koor
Dis ons gedeel deur ek gelyk aan jy
Dis kwadrate en probleme vermy
Dis sigarette en gevaarlike vry
Die fisika wat min verstaan
Vergelyking met ’n dowwe bestaan
Brug
Drie dots gelyk aan dus
Geen wonderwerk gaan
Hierdie fisika uitwis
Nog altyd net ’n komplikasie
’n ongewone redenasie
Kwartiele
Die helfte van my
Dié grammatika
Gaan my nie onderkry
Koor
Dis ek plus jy gelyk aan ons
Dis wiskunde in verskillende vorme
Dis liefde in somme
Die antwoord vir duisende
Ontploffings van haastige bomme
![]() |



