"Plasties" deur Pierre Smith

  • 0

Plasties

Jou plastiese bestaan
laat my soms wonder wie jy is
Jou aanhoudende opinies
laat jou veilig onbewus
Jou onbeperkte aandag aan
jou honger en wellus
Maak oop jou oë vir net een keer
En sien dis als ’n klug

Die wêreld wag en luister
Wie bly staan en wie gaan val
Waarheid sal weer hoop terugbring
en leuens sal tog verval

Waarom moet ek luister?
Wie’t gesê dat jy mag praat?
Wie het jou die troon gegee
Om ander te mag haat?


  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top