"Pouvere en gedigte" deur PW Dempsey

  • 0

Pouvere en gedigte

Ek wens ek was meer as net ’n druppel in jou pen.
Dat jou lewelose uitdrukking my sal herken.
Jou afstand druk my terug.

Wat maak dit alles saak?
Tussen pouvere en gedigte is daar niks meer op ons gesigte.
Daar is iets wat skort, daar was nog altyd.

Miskien op ’n tydlose dag sal ons dit kan uitsort
Om jou weerlose glimlag weer te kan vind.
Ek het dit misgekyk die laaste tyd.

Nee, jy het dit weggesteek.

Maar tussen die pouvere en gedigte is daar niks meer op ons gesigte.

 


  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top