"Eie sprokie" deur Lizelle Bruwer

  • 0

Eie sprokie

Hier sit ek nou by my tafel
En ek weet ek moet leer
Maar ek kan nie ophou aan jou dink nie
Hoekom maak dit so seer?           

Maak alles wat ons gehad het            
Glad nie vir jou saak nie?
Hoe kon jy dit dan sommer so weggooi           
En nou glad nie traak nie?                       

Koor

Someday my prince will come

Sneeuwitjie soek ? ander ou

Die appel was vol gif

En die heks lag in haar mou ...

Maar eendag sal die son weer skyn
En hierdie pyn verdwyn
Want daar is baie visse in die see           
Ek kan my hart skoonvee

 

Koor

Ek wil my eie sprokie skryf
Sonder woorde van skyn
My lewensverhaal kan ek self bepaal
Ek gaan ophou wegkwyn.

Koor

Ek sal opstaan
En ek sal veg
? Nuwe begin
? Sterker heldin!

Koor x2

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top