Sonskyn in die donker
Vers 1
‘Skuus liefling ek moet dit sê
Dit wat ek elke dag van my bestaan wil hê
So hier is my lirieke
Geskryf met wonder en onaardse tegnieke
Koor
Sê my Liefling kan jy wees
Wat my hart wil hê
’n pragtige wonder
My sonskyn in die donker
Sê my Baby sal ek jou sien
Wanneer die maan verdwyn
Sal jy soos die son kan skyn?
Vers 2
Jammer Baby dit moet net uit
Dit wat mooi is, oorlaai met verwyt
My verlede is gister
Maar jou hart, my hart, is nog altyd my meester
Koor
Sê my Liefling kan jy wees
Wat my hart wil hê
’n pragtige wonder
My sonskyn in die donker
Sê my Baby sal ek jou sien
Wanneer die maan verdwyn
Sal jy soos die son kan skyn?
Brug
My taal is gebroke
Wense … net wense
Jy … net jy
My hart besmet met jou glimlag
Gaan ek jou weer sien?
Sondag? In die nag?
Koor
Sê my Liefling sê my net
Sien ek werklik dit
Jou glimlag in die dag
’n Tikkie lig in die nag
Sê my Baby gaan jy my dra
Wanneer die maan verdwyn
En my liggaam sonder jou liefde weg kwyn?
![]() |



