Martelfees
Ek is toegesluit in ’n kamer wat my herinner aan ’n tronk.
Die klanke dreun in van buite, gille van genot.
Waar wandel jy vanaand, terwyl ek en sit wag vir jou?
Waar soek jy vanaand jou bevrediging, oomblik van genot?
Waar dwaal jy vanaand terwyl ek sit en huil oor jou?
Waarom martel ek my nog?
Die bottels wat lê langs my bed, verlei my na ’n droom.
Die koelheid bring berusting en lafenis vir my siel.
Waar wandel jy vanaand, terwyl ek en sit wag vir jou?
Waar soek jy vanaand jou bevrediging, oomblik van genot?
Waar dwaal jy vanaand terwyl ek sit en huil oor jou?
Waarom martel ek my nog?
Was dit ’n siek grap?
Was ek ’n prooi wat jy moes jag?
Was ek vervelig?
Was jy ’n les wat ek moes leer?
My voete is al deurgeloop, die pad raak so alleen.
Ek verkyk my aan verliefdes en vertolk die rol van doemprofeet.
Waar wandel jy vanaand, terwyl ek en sit wag vir jou?
Waar soek jy vanaand jou bevrediging, oomblik van genot?
Waar dwaal jy vanaand terwyl ek sit en huil oor jou?
Waarom martel ek my nog?
Die eensaam aande is die ergste, koud van jaloesie.
Simpatie sal nie hier werk as die wonderkuur nie.

![]() |