"Abstrak" deur Lita van der Merwe

  • 0

Abstrak

Vers 1

Vleuels, veels te veel
Niks wat ek die kunstenaar kan steel
Mooi, môre, myne
Obstruksie tussen gekleurde lyne     
Vasgevang in skewe hande
Senuwees hang aan die rante

Koor

Abstrakte obstruksie geskep deur
’n Emosionele infeksie
Reënboë lae oor blink mooi
Trane, joune … myne?                                
Grysloos die dans
Die man groen in sy gees
Die abstrakte rooi te vrees

Vers 2

Gesig, gesang, vasgevang
Alles wat jy, die skepping kan wees
Probleme, oplossings, pyne?             
Gesny uit hout op lap geverf
Die vloei van water
’n Vuur vol hoop vernuf

Koor

Abstrakte obstruksie geskep deur
’n Emosionele infeksie
Reënboë lae oor blink mooi
Trane, joune … myne?                                
Grysloos die dans
Die man groen in sy gees
Die abstrakte rooi te vrees

Einde

Ons leef alleen, saam in die wêreld
Elke druppel verf ’n abstrakte pêrel
Ek hou van my, ek hou van ons                       
Dit wat blou was, skyn nou brons

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top