Dowe klanke
Vers 1
Gange van verlore skadu’s
Dowwe note fluister in my oor
Alles wat ek sien
Niks wat ek ooit weer sal hoor
Aangesig teenaan
Die groen, rooi, geel lig
Doof, blind en beroof
Koor
Die mens verloor sy asem
Elke ritme sonder klank
Lirieke geskommel met vals hoop
’n Wêreld sonder jou lag
Elke versie so lank
Vers 2
So nou bloei my hart
Bloei hy leeg in elke hoek van net te lank
Sien my, sien jou
Lag-lag woorde sonder klank
Jou stem getoonset
Vir agter geslote mure
Onvertroubare vrede, nooit pret
Koor
Die mens verloor sy asem
Elke ritme sonder klank
Lirieke geskommel met vals hoop
’n Wêreld sonder jou lag
Elke versie so lank
Brug
My asem steel dit wat jy was
Glo my! Glo my net …
Dit was nog altyd, altyd net jy
Elke skadu sal met tyd verdwyn
Kyk, asseblief, jy kan kyk
Die wêreld sal weer sien
Hoe dowe klanke liefde kan dien
Koor
Die mens verloor sy asem
Elke ritme sonder klank
Lirieke geskommel met vals hoop
’n Wêreld sonder jou prag
Elke versie so onverwags
![]() |



