Tienduisend stukkies
Vers 1
Halfses in die oggend gaan my wekker af
En ek weet ek moet nou opstaan maar ek kan nie
Ek kan nie
Gisteraand het ek weer van jou gedroom
En die gedagte maal deur my
Van ons twee alleen op die strand
Vers 2
Desember was net weer een
Van daai vakansies saam met jou ouers
En jy mis jou vriende
Ek mis my vriende
Koor
Terug na die skool
Weg van jou af
My hart is geskeur
In tienduisend stukkies
Vasgekeer
Tussen vier mure
My kop is nie hier nie
En ek weet
Ek moet nou oor begin
Vers 3
Ek en jy loop kaalvoet op die strand
En jy hou my hand net stywer vas
Met die pienk en blou aandlig
Net ek en jy
Brug
Jy kyk diep in my oë
Met jou hande deur my hare
En jou lippe wat saggies
Aan myne raak
Koor
Terug na die skool
Weg van jou af
My hart is geskeur
In tienduisend stukkies
Vasgekeer
Tussen vier mure
My kop is nie hier nie
En ek weet
Ek moet nou oor begin
(x2)
Ek moet nou oor begin
Hoop ek sien jou weer
![]() |



