Cliché
Ek het al lankal ’n vragie
wat ek vir jou wil vra
Gaan dit soos ’n cliché uit die movies klink
as ek sê ek het jou lief?
Gaan dit soos ’n cliché klink
as ek sê die lewe is te kort om jou vas te hou
Gaan dit soos ’n cliché klink
as ek sê ek is bang
Bang vir daai draai daar onder in die Kaap?
Jy’t so baie memories
saam met ander lyfies op die strand
So baie plekke en draaitjies
wat jou laat dink aan Langebaan se strand
Wat maak my nou so anders
as daai cliché’s in die movies?
Wat maak my nou so anders
as daai clichétjies in jou hart? (X2)
![]() |



