Dwergies en duiwels
Vers 1
Die dwergies en die duiwels kom neuk my orde rond
Soos onvergeefde vriende wat karring aan ’n wond
Die ongewenste uitinge wat ek probeer verskuil
Sypel by my lippe uit en maak my woorde vuil
Koor
Want dwergies is te oulik en te koddig maar te klein
En duiwels weer fantasties diabolies en onrein
Een bly in ’n paddastoel, een fluister in my oor
Ek kies óf dwerg óf duiwel se stem om aan te hoor
Vers 2
Ek’s vasgevang in feetjieland se kamma-kamma woud
’n Mensgemaakte hersenskim al hoop vir my behoud
En tussen lae egoïsme breek ’n bloeisel deur
Tekens dat daar lewe woed hier onder my verweer
Vers 3
Wie is hierdie wese wat my kom reflekteer?
Wie is hierdie valsheid wat my manipuleer?
Luister ek na dwergies of na Lucifer self?
Wees ‘seblief tog iemand wat my die waarheid kan vertel.
![]() |



