Poësie
Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.
Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:
- Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
- Publikasie is onderhewig aan keuring.
- Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
- LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
- ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
- Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
- Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
- LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
Sterkte met jou skryfloopbaan!
...
Read poetry by established and emerging poets.
If you would like to submit your poetry, please read the following:
- Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
- Publication is subject to a selection process.
- Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
- LitNet offers no compensation for published poems.
- The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
- If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected.
- LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Best of luck with your writing career!
’n Huldeblyk aan Kelvin Singini, voorheen kelner by Asta in Stellenbosch
2023-08-01"jy was ’n kelner
wat my soms bedien het
’n vreemdeling
uit ’n vreemde land"
My moeder
2023-07-27"Ek woed my storms
in haar arms uit en sy
help my dra aan my
skaduwee al vandat
ek kan onthou"
De-ossifying love
2023-07-27"before our love ossifies
withering unrequited unfulfilled
I will steal your heart truly
once more
committing like never before"
Tussen dagbreek en drome
2023-07-27"Op ’n vergange Namibsnag
het die wind ’n kronkellyn
tussen die duine deurgesny
en in ’n vae newellaag
agter die horison verdwyn"
Woordskerwe
2023-07-27"Moenie worry nie bloed gee die glas kleur
en word ’n roosvenster heilig hoog gehang in ’n katedraal.
Woorde en daai stukkie papier lê nou opgeskeur,
sonder betekenis – kaal."
Kwesbaar
2023-07-20"is dit jý, my lief,
wat jou vuiste
vir my vrese bol
en jouself
keer op keer
oor my disillusies wreek"
Skynbare vriende
2023-07-20"Van verdrae tussen potte
van koper en klei
kan niks anders as skerwe
en duike oorbly."
Oktober in Cullinan
2023-07-20"In dié heilige katedraal
speel God orrel
oor Sy skeppingsverhaal
en laat my beker van geluk oorborrel."
Die sondes van ons vaders
2023-07-13"Vry was ek, maar met bloed aan my hande
die lem van my wapen wat my moes red
het hale gesny aan my eie lyf en ek kon nie keer"
Wintersmôres
2023-07-06"is die Bolandse lug
so onbevange blou
is die Bolandse berge
so onbesonne blou"
Ma onder observasie
2023-07-06"Ma se krom linkerhand bly ingekeer
oor ’n verbrokkelende ribbekas.
In die borsholte skeef van skoliose
migreer die hart verlammend oos."
Die kinders hier
2023-07-06"die kinders hier is stom op nagte van sang en dans
bring tog die magiese lamp"
Gebreekte filament
2023-06-29"die lewe is soos die fyn filament in ’n gloeilamp
bros en breekbaar
hoekom het die dood
jou lig so vroeg uitgedoof?"
Volmaanaand
2023-06-29"Heilige, helende suurstof word in blou sones opgesoek, gebottel.
Meditasiestyle van guru’s word vergelyk."
