
Foto: Canva
Laat my toe om myself te verloor
In die ek sien jou weer
dalk in die wanpersepsie van treur
bêre my in die sluise van good-bye
Daar waar die passie teen die môre waai
ek was vir oulaas gebêre
Op ’n spieëlkas tussen jou parfuum en haar haarborsel
terwyl ek teen ek en my gedagtes worstel
Ek sit op die balkon en gaan haal weer die vergeet
Die ver vergeet van die week Woensdag
Dammit ek mis my in die hoeke van haar lag
Sy lag soos die ondergrondse druppels neergelê op die wange van roosblare

