Hierdie is nie ’n gedig nie

  • 2

Foto: Canva

Hierdie is nie ’n gedig nie

Hierdie is nie ’n gedig nie
dis ’n gedag wat té en wat knoei
dis ’n klop wat koppig soek na
die “reset”-knop wat wegmaak met die stoei.

Hierdie is nie ’n gedig nie
dis woorde wat grypend spoel
hulle kan nie danig iets sê nie
maar gee die kop ’n ligter gevoel.

Hierdie is nie ’n gedig nie
dis ’n loflied; dis ’n sug
dis ’n rym wat ek kinderlik gee aan die
asem uit die lug.

 

  • 2

Kommentaar

  • ja nee basta dan
    met gryp en stoei
    en klippe skoon gespoel
    lig jou kop asof gevul
    met nuwe data
    uit jou asemsfeer
    ignoreer die rym
    dis asem van n spook
    klaar geknoei
    sonder doel maar
    kom maar weer
    nog 'n keer dit werk
    teen heet en lighoofdighreid

  • so dis jou woordstroom
    wat klakkeloos na sy eie
    kabbel soek- breek die reel
    en los die asem stoei met
    woordgestring wat nog heet
    nog lighoofdigheid bring
    maak los daai lied in jou kop
    en maak van lof 'n triomf
    dis tyd vir losbreek na jou
    eie reset plek- net skuins verby
    breeknekdraai

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top