Ode aan Johnny Theunissen

  • 1

Foto: Canva

Ode aan johnny theunissen

matjiesfontein is nie meer sy woning nie
it’s nine o’clock on a saturday lei die woorde ons in as billy joel dit sing
maar op matjiesfontein was dit sommer enige dag van die week
’n trompetgeskal of gesing voor die lord milner as ’n bus of kar handrem trek
en al skoorvoetend die agies kom loer in die kroeg soekend na drinkgoed
en die baas van die song
lig ’n wenkbrou vir die man – that old man making love to his gin
dis elfuur in die môre maar hy gee nottedêm
ook nie toe ek langs hom inskuif en vra kan jy ook hoor johnny speel vanoggend
’n memory vir jou en my wat weet
dis so sad dis so sweet
oh, la, la, la, de, de, da

man, what are you doin’ here
cause we know that it’s johnny we came to see
maar vandag is daardie honky-tonk wysie van hom complete
oh la, la, de, de, da oh, la, la, la, de, de, da
la, la, de, de, da, da, da
ons lig ons glase en pink ’n traan voor ons jou laat gaan
sing vir oulaas weer ’n song piano man
sing en tokkel op die klawers van daai ou klavier
maak ons sad mood ligter maak ons vol onthou
tokkel en sing vir oulaas piano man
lag saam vir jou eie grappies voor jy gaan
lag vir oulaas dan kan jy maar gaan
la, la, de, de, da

“bill, I believe this is killing me”
het billy joel gesing oor ’n ander man se pyn
jý johnny is nou los van die k maar ons sit met ’n helse lot pyn
wil jou nog nie laat gaan sing vir ons nog een song
se’blief ou johnny man voor iemand die doek oor jou klavier kom gooi
ons vir oulaas net weer bietjie orraait laat voel
sing us a song piano man sing us a song vir oulaas man
and you’ve got us feelin’ alright
la, la, la, de, de, da
la, la, de, de, da, da, da

 

 

  • 1

Kommentaar

  • Helize van Vuuren

    Luvverly - hoe seg ek dit in Afrikaans? Lieffelik? Loflik, lowe, alle bowetone en ondertone - so moet 'n woord-met-klank mos kan klink...

    Ou billy hoor!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top