
Foto: Canva
Hittegolf
Maandag se wasgoed pruttel aan die wasgoedlyn
’n vlamblou hemel knetter omheen.
Twee lugspieëlings tref die horison
en kletter ’n vuurkring teen sonbesies se
halleluja-geteem,
waterdruppels sweet uit ’n gebreekte kraan.
Hoe les mens ’n dors, o, Heer? – Ú wat vuur so vurig bemin.


Kommentaar
So mooi beskryf.