Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
LitNet bied geen vergoeding vir verhale wat gepubliseer word nie.
Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou skryfwerk te verbeter nie.
Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
Sterkte met jou skryfloopbaan!
...
Read short fiction and flash fiction by established and emerging authors.
If you would like to submit your writing, please read the following:
Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
LitNet offers no compensation for published stories.
The editors do not provide feedback on how to improve your writing.
If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected.
LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Ollie Olwagen2012-06-05Ollie Olwagen se hartroerende liefdesbrief aan Krotoa, ook bekend as Eva van die Kaap, is die wenner in ons liefdesbrief-kompetisie.
Elizabeth M Star2012-06-05"Een duisend twee honderd sewe en veertig dae al loop ek met hierdie hoop, wanhoop, verlange, gemis, leegheid in my, en as jou blou oë voor my inspring, is die onthou en die seer net nog meer. " Elizabeth M Star beskryf 'n liefde waarvan sy net nie kan vergeet nie.
2012-06-01LitNet Akademies Kuberklas nooi leerders in gr 10 tot 12 uit om hul verbeelding vrye teuels te gee en ’n Afrikaanse wetenskapfiksie-kortverhaal te skryf. Jy kan GROOT pryse wen!
Amelia Joubert2012-05-31"Toontjie vir toontjie het ons geloop, sekonde vir sekonde, uur vir uur, dag vir dag, nag vir nag. Soms was daar nog trane, soms selfs vlammewoede, soms stilte, maar hand aan hand het ons voortgebeur."
Riekus van der Westhuizen2012-05-31"Drie jaar van skelm wees. Drie jaar se liefde steel. Ons lewe binne ’n lewe ... En nou, in ’n vlietende sms en sonder om my pynkrete te beantwoord, beëindig jy dit. Stompaf ... soos ’n skakelaar. "
Elza Smal2012-05-31"Die granate sit nou uitgeswel en volrooi aan die boom. Vanmiddag het ek die eerste knal van die oopbarsgranaat gehoor. Toe wens ek jy was hier. Hier saam my onder die granaatboom om saam met vet rooi sade oor die graspolle te dans. Om saam onder die bloedrooi sproeireën te staan en uitbundig te lag."
Japie Bogaards2012-05-31"Gomgat. So het die kinders by die plaasskooltjie op Goedgevonden my gedoop: Gomgat, die gomgat. En wat kan jy sê as jy tingerig en arm is en altyd fokken honger?"
Riekus van der Westhuizen2012-05-24"Ek is lief vir jou. Ons het beide keuses gemaak voor ons paaie gekruis het. Keuses wat ons moes uitleef. Want ons het belowe."