Nagmaal

  • 0


Hy sit al van vroegaand af en kerf ’n stok langs die vuur. In die hoek lê sy drie kinders en  liefde-een al en slaap, weg van die dinge wat kom hap en sleep sonder lawaai. Niemand dans meer saans nie. Die groot bok is lanklaas gesien. Die velle sit styf om almal se ribbes. Hy staan op, stap tot agter in die grot. ’n Skaduwee flits van bo na onder op die rotswand. Soos die son opkom, smeul ’n pot. Sy liefde-een en twee jongstes drentel nader en wurg strak aan ’n hand vol vleis. 

Lees ’n onderhoud met Wilken Calitz hier.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top