Seminare en essays

Webseminare, essays en gesprekke oor aktuele sake.
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.

Belydenis van ’n pornoverslaafde

Eben Venter 2013-11-05 "Pornografie is ’n iets wat jy aan ’n universiteit bestudeer. Porno is meer soos Post Toasties of iets. Sommer vir brekfis. Dit het ’n huishoudelike ding geword."

Kô lat os praat! #prefablyinkaaps

Shirmoney Rhode 2013-11-04 "Die reality is warrit is, os kannitie deny nie, ma daas two sides to a story." Shirmoney Rhode antwoord Nathan Trantraal.

Persverklaring: Afskaling van Afrikaans by Universiteit van Kwazulu-Natal

Kerneels Breytenbach 2013-11-01 PEN Afrikaans neem met groot kommer kennis van die Universiteit van Kwazulu-Natal se voorneme om die doseer van Afrikaans as taal af te skaal tot eerstejaarsvak.

Bekendstelling en oorhandiging van Deel XIV van die WAT

2013-10-29 Die verwelkoming deur Arnold Schoonwinkel, voorsitter van die Direksie van die WAT, by die bekendstelling en oorhandiging van WAT XIV op 18 Oktober 2013.

African languages in the print media

Brian Ramadiro 2013-10-23 "The dominant view is that African languages have no future as languages of print. For purposes of this talk the designation 'African language' excludes Afrikaans, and the word 'print' is used inclusively to refer to both paper and digital print."

Toespraak by die ATR – Simposium 2013 – Paarl

Michael le Cordeur Academic research 2013-10-23

"Ons kan dit nie bekostig om moedeloos te word in die lig van soveel gebreke in Suid-Afrika nie. Ons moet aanhoudend klop om hierdie deur oop te maak in die belang van ál die tale in die land."

Die stand van die Suid-Afrikaanse media

Herman Wasserman 2013-10-22 "Hierdie artikel poog om ’n blik te gee op die Suid-Afrikaanse media en hul verhouding tot die samelewing. Die fokus is die huidige stand van die media, maar daar word ook na sleutelverwikkelinge in die eerste twintig jaar van demokrasie verwys ten einde ’n raamwerk vir onlangse gebeure te verskaf."

Afrikaans en die media op pad na 2020

Waldimar Pelser 2013-10-22 Waldimar Pelser was een van die sprekers by die simposium wat die Afrikaanse Taalraad op Vrydag 18 Oktober by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl aangebied het. LitNet plaas sy bydrae oor Afrikaans en die media op pad na 2020.

’n Bosluis, Billy the Kid en Coenraad de Buys: Die spore van legendes in die veld

Willem Anker 2013-10-11 "Waar historiese karakters ontglippend is, gebruik outeurs dus dikwels ’n wye lens, lê die fokus op die panoramiese agtergrond. Die onbeweeglike landskap bly in fokus, maar die ratse historiese figuur is ’n dowwe klad.” Lees Willem Anker, op die oomblik beurshouer van die Jan Rabie Marjorie Wallace-beurs, se gedenklesing na aanleiding van dié beurs.

Rethinking Thinking: Modernity’s “Other” and the transformation of the University

Gert van der Westhuizen 2013-10-10 "This book is about the need for the transformation of higher education in South Africa. It problematises thinking about universities, and thinking in universities."

A response to Jonathan Jansen’s Percy Baneshik Memorial Lecture to The English Academy of South Africa

Russell H Kaschula 2013-10-08 "One cannot, therefore, have a sustained democracy operating in a language in which most people are functionally illiterate. President Zuma is probably the only post-democratic president to have realised that (and to some extent former President Mandela), often speaking in isiNguni (collectively understood by approximately 45% of the population)."

Why English should be the language of South African universities

Jonathan Jansen Seminare en essays 2013-10-08

Jonathan Jansen, Percy Baneshik Memorial Lecture of 2013: "What English does is level the playing fields in the historically Afrikaans universities for common engagement." 

Some thoughts on Jonathan Jansen's call for English

Tessa Dowling 2013-10-07 Tessa Dowling, Adjunct Professor of African Languages in the School of Languages and Literatures at the University of Cape Town, responds to Jonathan Jansen's Percy Maneshik Memorial lecture.

Wanneer rassevooroordeel met taalregte verwar word

Jacques du Preez 2013-10-03 Lees Jonathan Jansen se volledige Percy Baneshik-gedenklesing en Jacques du Preez van die FW de Klerk Stigting se reaksie daarop.

Webseminaar: Is jou kind gay?

2013-09-27 Homoseksualiteit – ’n studie deur die ouers van ’n gay seun het 'n ruk terug by die uitgewer Naledi verskyn. Dié aktuele kwessie is ondersoek deur middel van 'n onderhoud met die skrywers, 'n lees en bespreking van die teks deur 'n lid van Inclusive and Affirming Ministries, Rappport-assistentredakteur Anastasia de Vries, asook deur teologiese praktisyn Laurie Gaum.

Politokrasie: ’n Peiling van die dwanglogika van die territoriale staat en gedagtes vir ’n antwoord daarop

Johann Rossouw 2013-09-20 "Met ’n dapper boek wat nie slegs die staatlike paradigma aan die kaak stel nie, maar ook die staatsonderdanigheid en verskuilde ideologiese voorkeure van Malan se eie akademiese gebied, het hy Suid-Afrikaners en deelnemende demokrate wêreldwyd die groot guns bewys om hulle te herinner daaraan dat hulle politieke lot in hulle eie hande is, en nie afhang van ’n eie staat of ’n sterk leier nie."

Die taal van ’n nuwe menslikheid

Laurie Gaum 2013-08-21 Oor die legitimiteit van openbare vakansiedae kan seker baie gesê word. Die manier waarop dit gevier word, is in ’n groot mate tekenend van die verdelingslyne wat steeds in ons samelewing lê. Laurie Gaum en Amelia Burger het Vrouedag ligtelik én met erns by Kunstekaap deurgebring.

Polities korrek is nie korrek nie!

Annelise 2013-08-21 My werk is seks. Ek skryf daaroor, dink daaroor, debatteer daaroor en ondersoek die idees wat mense daaroor het. Omdat ek elke dag met die onderwerp omgaan, vergeet ek soms dat die stellings, idees en woorde wat ek gebruik, nie as polities korrek geag word nie.

Wat bedoel hy Small het Kaaps in ’n joke-taal verander?

André Trantraal Academic research 2013-08-19

"As ek kyk na die taal waarin Small se werke geskryf is en ek kyk na dit waaroor geskryf word, behoort my antwoord te wees: Of course. Ek kan egter nie 'Of course' sê nie, want dit wás nie vir my geskryf nie. " André Trantraal skryf oor Adam Small, Nathan Trantraal en Kaaps.

En jy sal die waarheid ken

Retha Benadé Boeke en skrywers 2013-08-13

"Teoloë praat verskillende tale, sommige kerke probeer omhels, ander jaag die homoseksuele mens summier weg. Heteroseksualiteit kraai koning as die normatiewe en homoseksualiteit dans in die skadu’s daarvan." Retha Benadé lees en bespreek Eileen en Geoff Stenekamp se Homoseksualiteit – ’n studie deur die ouers van ’n gay seun.

Top