Seminare en essays

Webseminare, essays en gesprekke oor aktuele sake.
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.

Volkskerk: 'n Webseminaar

2013-06-24 Hermann Giliomee: “Die Afrikaners het al van ’n baie vroeë stadium die idee van ’n volkskerk gehad. Die kerk moet gaan kyk wat die verhouding is met die volk waarin hy geplaas is. Is hy ’n volkskerk of is hy nie ’n volkskerk nie?”

In gesprek met ... Sjef van Erp

Carina van der Walt 2013-06-19 “Suid-Afrika is vir my teoreties interessant, omdat Suid-Afrika wêreldwyd ’n voorbeeld is van wat ’n mens ’n gemengde regstelsel noem. Die Romeins-Hollandse reg en die Engelse reg funksioneer saam."

LitNet Akademies-resensie-essay: Só maak Afrikaans ons

Sandra Troskie Academic research 2013-06-04

"Kan ons kennis van die ontstaan en ontwikkeling van Afrikaans ons dalk help om iets van die passie te verstaan wat sommige van haar gebruikers vir haar het?"

Verpligte Zoeloe by UKZN: bestuursbesluit, plekhouer of veeltaligheidsbaanbreker?

Jaco Alant 2013-06-04 "... taal was maar altyd ’n voorwendsel vir iets anders. Nou wil ek nie voorgee dat UKZN se gebasuinde ontwikkeling van die Zoeloetaal sonder meer gaan oor 'ras' nie. Maar dat dit wel gepaard gaan met ’n stywe dosis ideologie ... is redelik seker."

Uitnodiging: 3de Karoo Ontwikkelingskonferensie

2013-05-31 Die derde Karoo Ontwikkelingskonferensie vind op 10 en 11 Oktober 2013 op Philipstown plaas.

LitNet Akademies-resensie-essay: In die afwesigheid van sin deur Susan Smith

Reinhardt Fourie 2013-05-29 "Hierdie vroulike verwantskap strek verder as die streng biografiese. Dit dui op die verwantskap tussen vrouedigters en jonger generasies wat hulle opvolg en eer, maar ook van hulle verskil, hulle bevraagteken, parodieer, spot – en figuurlik dood."

Volkskerk en die eenheid van die kerk

Jaap Durand 2013-05-21 "Kortliks kom dit daarop neer dat die teologiese oorwegings vir die selfstandige bestaan van kerke wat uit sendingwerk na vore gekom het, in dié geval van die NG Kerk, later misbruik is om die bestaan van aparte 'dogterkerke' te regverdig, terwyl die werklike rede vir die uitsluiting van die bruin gemeenskap uit die NG Kerk in 1857 die “swakheid” van sommiges was, ’n eufemistiese beskrywing van rassisme in die kerk."

Een honderd jaar later: die Swart Grond Wet 27 van 1913

Juanita Pienaar 2013-05-21 "Wat was die impak van die Swart Grond Wet en hoe word die nalatenskap daarvan vandag in regstegniese sin aangespreek?"

Jaap Durand: Is die NGK 'n kerk vir die Afrikanervolk?

Jaap Durand 2013-05-14 "Die NGK se erkenning dat die teologiese regverdiging van apartheid onskriftuurlik was, by monde van sy sinodes, ander kerklike vergaderings en baie van die leierskap, veral onder jonger predikante, het menige lidmaat ontnugter."

Angus Buchan en sy Mighty Men: Pieter de Villiers reageer

Pieter GR de Villiers 2013-05-09 "Fenomene soos hierdie is nie onbekend aan die Afrikaanse kerklike tradisie nie. Daarvoor kan ’n mens maar kyk na voorbeelde van die Pinksterbidure, sendingweke en CSV-byeenkomste. En deur die geskiedenis heen was daar toe, soos ook nou, vrae en kritiek."

Angus Buchan en sy Might Men: Cornie Groenewald reageer

Cornie Groenewald 2013-05-08 "In spirituele terme het die bediening indrukwekkende sukses behaal en word dit getipeer as ’n landswye herlewing onder mans."

Hermann Giliomee: Het apartheid by die kerk begin?

Hermann Giliomee 2013-05-08 "Ek wonder soms of die politici van die Nasionale Party onder dr DF Malan, wat in 1933/34 gestig is, ooit apartheid as ’n radikale ideologie sou ontwikkel het as dit nie was dat die NGK in 1935 vir hulle ’n bepaalde, baie verleidelike weg aangewys het nie."

Angus Buchan en sy Mighty Men: Wilhelm Jordaan reageer

Wilhelm Jordaan 2013-05-02 "Wat het ons werklik nodig? Met as basis-antwoord: Nie meer en magtiger manlikheid nie; nie meer en waardiger vroulikheid nie. Waarheen en waarin ons moet groei, is meer menslikheid teenoor en vir mekaar. En sonder die bagasie van mans sus en vroue so omdat dit so van die begin af was."

Angus Buchan en sy Mighty Men: Maretha Maartens reageer

Maretha Maartens 2013-05-02 "My eie spirituele styl is nie charismaties nie, wat uiteraard reeds by voorbaat gaan bepaal of ek die boek oor die Mighty Men Beweging sou wou lees. Ek vind dit gewoon nie besonder belangrik vir my eie geestelike lewe binne my meer analitiese, vraagstellende, navorsende spirituele styl nie."

Angus Buchan en sy Mighty Men: Sakkie Spangenberg reageer

Sakkie Spangenberg 2013-05-02 "In Buchan se teologie is daar nie ruimte vir bevraagtekening nie. Alles is klokhelder in die Bybel uitgespel. Daarom is daar ook nie ruimte vir ’n Margaret Thatcher, ’n Angela Merkel, of ’n Mamphela Ramphele nie. Dis vroue wat manlike rolle inneem en na regte teen die voorskrifte van die Bybel handel."

Angus Buchan en sy Mighty Men

2013-05-02 "Die Mighty Men beweging is by uitstek ’n geestelike beweging van die gewone mense in die konteks van hul konkrete werklikheid waarin hulle soek na die dieper betekenis van hul lewe. Die beweging het ’n inherente neiging om te vereenvoudig … om ou antwoorde in nuwe tye te probeer oordra en bevrydende insigte in die Bybel te ignoreer of verwerp."

Die verhouding tussen geskiedskrywing en historiese roman, met verwysing na Die son kom aan die seekant op

Jeanette Ferreira 2013-04-30 Referaat gelewer op 25 Januarie 2013, Groenkloofkampus van die Universiteit van Pretoria as deel van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Geskiedenissimposium: Die Groot Trek 175 jaar: 1838–2013.

Indrukke van die gesprek oor die muilbandwetgewing

Liesl Peyper 2013-04-26 Die Wetsontwerp op Beskerming van Staatsinligting is op Donderdag, 25 April 2013, in die parlement goedgekeur. Liesl Peyper was daar.

LitNet Akademies-resensie-essay: Gunther Pakendorf lees Woordeloos tot verhaal. Trauma en narratief in Nederlands en Afrikaans

Gunther Pakendorf 2013-04-25 "Ek kry die indruk uit die bundel as geheel dat die teoretiese besinnings die leser tot nadenke stem, terwyl die toepassing op literêre tekste nie altyd oortuigend is nie."

Gender en die Bybel: Maretha Jacobs reageer

Maretha Jacobs 2013-04-24 "’n Gender-kritiese lees beteken dat daar eksplisiet vanuit die perspektief van gender na tekste gekyk word. Dit behels ’n lees “met agterdog”, waarin nie bloot bevestig word wat ’n teks “sê” nie, maar waarin vanuit ons hedendaagse kontekste met tekste geargumenteer en verskil word."
Top