Seminare en essays

Webseminare, essays en gesprekke oor aktuele sake.
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.

Taalkommissie-lesing 1: Die begin van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS)

Jana Luther Seminare en essays 2024-07-01

Om ’n taal formeel as skryftaal te kodifiseer, is ’n komplekse proses wat nóú verweef is met die politieke en sosiale leefwêreld van die taal se sprekers. Oor die afgelope eeu het die Taalkommissie van die Suid‑Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns die taak gehad om Afrikaans as skryftaal te help vestig. Hier is ’n video deur Jana Luther wat meer agtergrond oor die begin van die AWS verskaf.

A voice from within: Decolonising the Palestinian mind | A conversation with Haidar Eid

Jannike Bergh, Haidar Eid Interviews 2024-06-27

"Gaza has become the centre of the universe, the same way Soweto was the centre of the universe." A book discussion and video interview with Haidar Eid, author and professor in postcolonial studies and postmodern literature at al-Aqsa University, Gaza City.

Voorlopervroue in die Afrikaanse joernalistiek: Een eeu, drie baanbrekers, drie generasies

Lizette Rabe Seminare en essays 2024-06-26

"Die drie persoonlikhede wat voorgehou word as drie voorlopervroue oor drie geslagte in die Afrikaanse joernalistiek oor een eeu waarin hulle hul joernalistiek beoefen het, is Miemie (Maria Elizabeth) Rothmann (1875–1975; beter bekend as MER), Rykie van Reenen (1923–2003), en Martie Retief Meiring (1934–). Die artikel sal vanuit ’n mediageskiedkundige vertrekpunt ’n oorsig gee oor die eerste vrouestemme in die Hollands-Afrikaanse joernalistiek, aangesien die pionier MER nie in ’n vakuum haar loopbaan begin het nie."

Taalkommissie-lesing 1: AWS en vaktaal

Jana Luther Seminare en essays 2024-06-25

Hier is ’n video deur Jana Luther wat meer agtergrond oor Afrikaanse vaktaal verskaf.

’n Grondhervormingsvoorstel na die verkiesing

Gerrit Rautenbach Seminare en essays 2024-06-24

Die LitNet Akademies Weerdink-reeks skakel akademiese navorsing met vandag se aktuele kwessies. Die volgende artikel het in 2019 in LitNet Akademies (Regte) verskyn: Grondhervorming: Is onteiening sonder vergoeding die magiese "silwer koeël" of is dit ’n (berekende) skoot in die donker? Gerrit Rautenbach skryf in hierdie bydrae dat daar ná 2024 se verkiesing opnuut oor ’n apolitieke koalisie en grondhervorming nagedink behoort te word.

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Die ontbinding van die Weste – ’n oorsig oor Emmanuel Todd se La défaite de l’Occident

Johann Rossouw Seminare en essays 2024-06-21

Lees Johann Rossouw se bespreking van Emmanuel Todd se veelbesproke boek, 𝘓𝘢 𝘥𝘦́𝘧𝘢𝘪𝘵𝘦 𝘥𝘦 𝘭’𝘖𝘤𝘤𝘪𝘥𝘦𝘯𝘵 (Die ontbinding van die Weste), aan die hand van uittreksels, ekslusief vertaal in Afrikaans: "As die mense en die elites nie meer saamstem daaroor om sáám te funksioneer nie, het die begrip van verteenwoordigende demokrasie nie meer betekenis nie."

TK-lesing 1 (deel 3): Korpustaalbeplanning

Annelise de Vries Seminare en essays 2024-06-19

"In hierdie skryfstuk verwys ek graag na (net) enkele historiese momente om die aanloop van korpustaalbeplanning vir Afrikaans te illustreer. Dit is van waarde om te meld dat hierdie momente aan die begin nie doelbewuste korpusbeplanning vir Afrikaans ten doel gehad het nie, maar dat dit dikwels die produk was daarvan om ’n gemeenskaplike kommunikasiemiddel tussen verskillende kontaktale daar te stel."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor die algemene verkiesing en ’n regering van nasionale eenheid (RNE) – ’n postkoloniale ontleding

Johann Rossouw Seminare en essays 2024-06-13

"Wat kan ons wys word uit die uitslae van die pas afgelope algemene verkiesing en die groeiende konsensus ten gunste van ’n regering van nasionale eenheid (RNE) onder middelgrondpartye?"

Burgerskap in die 21ste eeu

Hercules Boshoff Seminare en essays 2024-06-12

"Een van die groot vraagstukke van die kontemporêre samelewing is die veranderende aard van burgerskap. Wie is die burger vandag? Hoe hou dit verband met burgerskap in vroeëre tydsgewrigte, en hoe lyk die pad vorentoe?"

TK-lesing 1 (deel 2): AWS 1 tot 11 – ’n tydlyn

Fred Pheiffer Seminare en essays 2024-06-04

Aspekte van die normering van Afrikaans staan in wisselwerking met aspekte van die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Elk van die Taalkommissies wat sedert 1917, ononderbroke, vir reeds 11 AWS’e verantwoordelik was, het hulle AWS in ’n veranderende wêreld opgestel. As deel van die eerste lesing in die Taalkommissie se onlangse reeks van vyf het Fred Pheiffer ’n kort oorsig van belangrike gebeurtenisse gegee wat op verskillende uitgawes van die AWS hulle tekens gelaat het.

TK-lesing 1 (deel 1): Geskiedenis van die Taalkommissie en die AWS

Jana Luther Seminare en essays 2024-06-04

In hierdie eerste uittreksel uit ’n reeks lesings wat die Taalkommissie in April en Mei 2024 aangebied het, belig Jana Luther kortliks die omstandighede wat tot die byeenroep van die eerste Taalkommissie en die publikasie, in 1917 en 1918, van die eerste twee uitgawes van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) gelei het.

Mynwater en –rehabilitasie: enkele opmerkings

Handré Brand Seminare en essays 2024-06-04

"Waterbesoedeling deur metaalmyne neem dus nié noodwendig spontaan af in die dekades na hulle sluiting nie. Hierdie waarneming behoort ’n wekroep te wees vir die bedryf en die tersaaklike staatsdepartemente om voorkeuraandag aan mynassessering en -rehabilitasie te gee."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor die Afrikaner Verklaring

Johann Rossouw Seminare en essays 2024-05-27

"Nie net was daar selfs tydens die opkoms en hoogbloei van Afrikaner-nasionalisme onder Afrikaners wisselende grade van verbintenis tot dié projek nie, maar selfs al kom jy uit ’n familie wat nie daardie sterk verbintenis gehad het nie, kan jy nie net eenvoudig van daardie identiteit wegstap nie."

Sosiohidrologie: menslike interaksie en waterstelsels

Handré Brand Seminare en essays 2024-05-27

"Hidrologie is die studie van die beweging en verspreiding van water. Sosiohidrologie fokus op die komplekse verhouding tussen menslike interaksie en waterstelsels. Beide sosiohidrologie en hidrososiale teorie, wat albei uit hidrologie ontwikkel het, kry erkenning op grond van die klem wat geplaas word op die rol van sosiale faktore in fisiese prosesse."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: ’n onderhoud rondom The near north

Johann Rossouw, Ivan Vladislavić, Rick de Villiers Seminare en essays 2024-05-16

Hierdie is ’n video-opname van Johann Rossouw se gesprek met Rick de Villiers en Ivan Vladislavić oor The near north, Ivan Vladislavić se mees onlangse boek.

The Z factor in KZN and the elections

Paul Murray Opinion 2024-05-15

"Not only does Zuma challenge the ANC politically, but he also claims its heritage."

South Africa: The triumph of capitalism in a country too big to fail

David Willers Opinion 2024-05-15

"Thirty years of democracy has eased the strained relations between the races of the apartheid years. There is a spontaneity, humour and verve in public life, in the shops and eateries, which is very refreshing to any outside visitor."

Black Economic Empowerment vis-à-vis Sustainable Development Goals: a (mainly) water and sanitation perspective

Chris Heymans Opinion 2024-05-14

"Even the water sector reform after the political transition of 1994 has largely stuck to the direct municipal WSS delivery model from the apartheid era. A major difference, though, is that post-apartheid municipalities took on responsibility for service delivery in areas that had never been as well connected and managed as the previous white-only areas. This still hinders the bridging of these gaps."

Is Die Burger die nuwe Son?

Johannes Froneman Seminare en essays 2024-05-14

"Gegewe die stryd wat koerante vandag het om lesers te behou, is dit seker nie onbillik om te vra of ’n vorm van populisme nie dalk noodsaaklik is nie. Maar dan ’n etiese populisme. Of sal dit ’n oksimoron wees?"

Die vierde Suid-Afrikaanse kinderboekfees: ’n oorsig

Magdel Vorster Kinderboeke 2024-05-09

"Ja, Darryl het ’n smorgasbord van skrywers en stories op hierdie trein gekry."

Top