LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek. LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
George Bekker2012-06-21Met die lees van Pieter se brief Evangelie vir eunigs, gays en Afrikane was ek skielik wakker toe ek lees: "Baie van ons vergeet gerieflikheidshalwe dat die eerste Christen in Afrika volgens die vertelling nie wit was nie."
GroenApie2012-06-21"Korea se somerblik en herinneringe aan verlede jaar se humiditeit, weeklange reënbuie en muskiete krap aan my agterkop. Dis maar 'n nat besigheid die kant. Tog opwindend. Groen, groener en groenste. En dis amper perske-tyd. Blatjangmaaktyd. Koreaanse verenigde vrugtevlieë verlustig julself!"
Pieter van Niekerk2012-06-21"'F#* die hond, wat van my!', skreeu-sê die antie, nadat ek oor haar hond kla, wat een meter vasgetou, sonder kos of water, aan ’n paal krom staan. Die fliek Disgrace het my weer aan die insident herinner; dit het die ding oor honde weer by my aangewakker."
Hennie Fritz2012-06-21"Ons elkeen het so ‘n pak vakansiefoto’s êrens. Party se pakke is voller as ander en die albums beter saamgestel, maar op die een of ander manier is dit daar."
Carina van der Walt2012-06-20"Op Vrydag, 15 Junie, het beide die Trouw en die NRC-Handelsblad aangekondig dat die Suid-Afrikaans gebore Marlene Dumas die Johannes Vermeer-prys 2012 gewen het. Dit is die Nederlandse staatsprys vir kuns."
Cornelius Henn2012-06-20Jou bydrae oor "Konings, stamhoofde, kapteins", het my wel in 'n mate tot die besef gebring rakende hoe min "Westerlinge" werklik iets van ons Afrikakultuur weet.
Petrovna Metelerkamp2012-06-19“John Kannemeyer was ’n jare lange vriend en ondersteuner van Hemel & See Boeke. Ek dink met groot respek aan hom en het net goeie herinneringe aan die jare wat ons saam aan boeke gewerk – en saam lekker geëet en geskinder! – het.”
Pieter van Niekerk2012-06-19"Die Christendom het nooit ’n territoriale sentrum gehad nie (die kerk wel). Die sentrum is Jesus Christus, waar Hy ook al bekend word is daar ’n potensiële sentrum van geloof en getuienis aanwesig."
Joan Hambidge2012-06-19"Die roman is in ’n voortdurende spel tussen die oop en die geslote teks en die modelleser word gedwing om dit as ’n ernstige roman te lees weens die komplekse semantiese universum wat hier aangebied word."