LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek. LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Leon2012-06-26Toe op ’n stadium besluit ek ek moet iets aan die situasie doen, want dinge begin my in die verleentheid stel en ek het skade vir onsself veroorsaak deur die dinge en ek het in die proses die Here ook beter leer ken en dinge het vir ons (net ek en my vrou, geen kinders, was kinderloos) begin verander.
Jason Lloyd2012-06-25"Ongetwyfeld herinner die 'reguit hare versus kroeshare'-issue ’n mens aan die potloodtoets – hoe dit deur die apartheidsregering gebruik – of misbruik (?) was – om ’n persoon se ras te bepaal. Dit is reeds hierdie letsels wat nog vandag voortleef dat mense aan hul hare geken word."
Boer in Beton2012-06-25Ek lees die VB-advertensies toe my oog op die foto val, links bo, onder die opskrif "sterfgevalle" - die gesig, voller hare, minder 'n bril, maar dit was vir seker hy.
Jason Lloyd2012-06-22"Die Sondag terug Kaapstad toe was roosterbrood, skaapnek, soetpatat en stampmielies vir my ingepak. Op pad, nog voordat ons die lughawe bereik het, was die kosblikke leeg."
Jan Rap2012-06-22"In die eerste toets teen die Engelse gee Hougaard 'n taktiese skoppie met minder as 2 minute speeltyd oor. Natuurlik gee die Engelse nie besit af nie en fase op fase vorder hulle totdat hulle punte aanteken en die Springbokke lyk toe na die wedstryd nie so goed as wat hulle op minuut 78 gelyk het nie."
Hennie Fritz2012-06-22Die stoeiende gedagtes van die afgelope klompie uur, wat hulle as ’n skryfding nou gestalte wil gee, is moontlik nie net gevorm in die uitvoering van ’n dagtaak nie, maar was moontlik ook die resultaat van ’n stuk nuuskierigheid. Daarom, en seker ook om my sogenaamde heilige onskuld te beskerm, moet ek noem dat die ondervinding van gister in werksverband was – suiwer aldan nie.
Johannes Comestor2012-06-21In die nuwe Suid-Afrika is ’n mens verplig om jou oor klein gelukkies te verbly, soos toe die gedagte by my opgekom het dat tweedehandse boekwinkels sedert 1994 darem nog nie merkbaar agteruitgegaan het nie.
Jan Rap2012-06-21Jy's reg Jaco; aksies het die geneigdheid om reaksies uit te lok. Terwyl ek jou brief lees, berig die radio dat 'n 77-jarige boer in sy huis deur 4 mans doodgeskiet is, die vrou is in 'n kritieke toestand in die hospitaal. Dit is minder as week later wanneer berig was dat 'n 79-jarige boer en sy 76-jarige vrou deur mans op hulle plaas aangerand is.