Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Interdissiplinêre konferensie oor bruin identiteit by die Beyers Naudé Sentrum

2012-11-14 'n Interdissiplinêre konferensie oor bruin identiteit word aangebied deur die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie, Stellenbosch. Die konferensie vind plaas op 30 November en 1 Desember 2012 en is oop vir die publiek. Die registrasiegeld is R100 (R30 vir studente).

Die Van Ewijck-Stigting Prestasieprys oop vir aansoeke

2012-11-14 'n Prestasieprys van R50 000 is vanjaar weer beskikbaar vir ‘n projek wat die kulturele betrekkinge tussen Suid-Afrika en Nederland bevorder.

Marlene Dumas skenk Johannes Vermeer-prysgeld

Ena Jansen 2012-11-14 Baie amper het Marlene Dumas se sterk Afrikaanse uitspraak veroorsaak dat die honderde genooide gaste in die imposante Prinsenhof in Delft nie besef het wat sy gesê het nie: dat sy wél Nederland se belangrike Johannes Vermeer-prys 2012 aanvaar, maar die prysgeld van 100 000 euro, meer as ’n miljoen rand, nie vir haarself hou nie, maar skenk aan die nagraadse kunsopleiding Ateliers.

Swys, van gekwaak en so aan

Hans Richardt 2012-11-14 Ek dink dat die populêre politieke konstruksie dat die meerderheid 'wittes' van 'n paar Indiese en Khoi slavinne afstam, is blatant vergesog.

Is wit regtig vry in 'nuwe SA'?

Hans Richardt 2012-11-14 Die wit Afrikaanssprekende het na 1994 hul vryheid op verskeie maniere verloor.

Gemengde herkoms, 1652-1800?

Hans Richardt 2012-11-14 Prof JH Heese het uit kerkrekords, tussen 1652 tot circa 1800, bevind dat 7,2% afrikaner uit gemengde afkoms is.

Swys, akademiese politieke konstruksie?

Hans Richardt 2012-11-14 Jy as historikus, behoort deeglik bewus te wees dat die meeste VOC-werknemers nie-Hollanders was nie, agv swak salarisse en swak werktoestande.

Shell en filiale op SA-mark?

Hans Richardt 2012-11-14 Shell het 'n meerderheid aandeelhouding in bv BHP Billiton, 'n baie gewilde SA-aandelemaatskappy in die mynbousektor.

Jan Rap, die Anglikaner is apart?

Hans Richardt 2012-11-14 Blykbaar is die Anglikaners 'n aparte 'etniese groep' in SA?

Jan Rap, noudat krismis geskrap is

Hans Richardt 2012-11-14 Synde Nederland eers in 1815 ontstaan het, was die 'setlaars' vanaf 1652 tot 1795 net 'n klomp bur plakkers aan die Kaap.

onopg’lost’ raadzel

Hans Richardt 2012-11-14 as Sy, maar net, magtig, Afrika-taal was,
sou Sy maar wou ontslae raak, van “ras”,

Die weë van die agnostikus

Kobus de Klerk 2012-11-14 Mens moet maar net soms bietjie lae profiel hou en dan die agnostici se skrywery hier dophou om te sien presies hoe verward en rigtingloos hulle is.

Vir Pieter Redelinghuys oor sy ou Afrikaners

Jan Rap 2012-11-14 Jy skiet jouself in die voet met jou "appel val nie ver van die boom af nie"; dis juis die ouderdomsgroep waarvan jy praat wat vir suckers gevang is en hulle beywer het vir hierdie bedeling.

haikoe

Joan Hambidge 2012-11-14 Die beste haikoe-beoefenaar in Afrikaans is Eveleen Castelyn.

Die revolusie in die kombuis: Kinders wat kook

Martjie Malan, Naomi Meyer 2012-11-13 "Dit is so deel van ons lewe, dit is iets wat ons elke dag moet doen, kosmaak en eet. Kinders word nou net meer deel van die kombuisaktiwiteite. Ek noem dit die kosmaakrevolusie vir die gesin." Martjie Malan gesels oor 'n kookskool vir kinders en 'n kookboek vir kinders (deur 'n kind).

Die AHi gee prakties gestalte aan die noodkreet om ekonomiese vryheid!

Christo van der Rheede 2012-11-13 "Die Marikana-tragedie het die aandag opnuut gefokus op die delikate sosio-ekonomiese en politieke dinamika waarin Suid-Afrika vasgevang is." Christo van der Rheede vertel van 2012 by die AHi.

ATKV Centurion Musiekforumlede by Noot-vir-Noot opname

2012-11-13 Van die ATKV Centurionsangers en –musikante het vroe?r die week ‘n Noot-vir-Noot opname by die SAUK in Johannesburg bygewoon.

Mens of monster: Breakfast behind bars

Samantha Buitendach, Naomi Meyer 2012-11-13 Daar vind op Vrydag 16 November ’n unieke boekbekendstelling plaas soos wat min nog beleef het – in die Lospergevangenis in Brits.

Aankondiging en uitnodiging: Projek oor SA Drama en teaterbewaring

2012-11-13 ’n Suid-Afrikaanse drama- en teaterbewaringsprojek word tans deur die Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap by Unisa en in samewerking met die Unisa Biblioteekargief van stapel gestuur.

Maatstaf in SA?

Hans Richardt 2012-11-13 Hoekom word alles teen 'wit' gemeet in SA?
Top