t’r wil van kontinuïteit

  • 0

Vader, Schepper, Wetgewer, teen pejorativering,
Vestig, Allah, Op’nbar’nd, Indien U Wil, v’rligting,
Skud Millennium Drie Mens, woekies, uit slaap,
sjatansberg hang hoog bo Moeder, Stad, Kaap

kind van God, van tiettyd g’trein, t’kierang, t’v’rraai,
Self-d’struktief, minagt’nd, Mens Mens Self nie ken,
speel God se Kind, m’t eie Vader, ’n soort blikaspaai,
super-onkund’-ontkennend, re G’wete, ver van wen

hoef niemand rigtingwyserlik na voor t’tree,
Schepper gat Self Mens Sy Paradyspaleis wys,
Mens, so onwaardig, onmenslik, bloed nes ys,
Millennium Drie Krisis glattie ’n grappie, o wee

soebat swakling, weder, Vader, vir U Ultra-G’na,
da’sonner, Stryd toet’ntaal v’rlore, wragtiewaa’

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top