Adel onder Afrikaners in SA?

  • 0

Van my voorgeslagte was bv in 1600's 'burgemeester' in Venlo. Dit was 'n koninklike bevestiging na verkiesing deur gulde. Die 'titel en familiewapen' was nie oordraagbaar nie en was ampstermyn gebonde! 'Een regente familie' beteken nie noodwendig 'adellik' nie, maar binne konteks van Vlaams, dis net regeringsamptenaar. Ek dink dieselfde het gebeur met sg 'franse hugenote adel'. Buitendien, die Franse Hugenote was lank voor die Franse rewolusie aan die Kaap. Meeste Franse adel was Katoliek en het hul 'adellike titels' via die Rooms Katolieke kerk en koningshuis bekom, wat voor die valbyl van Voltaire en ander rewolusie-filosowe geval het. Daarna was 'titels en militêre range' gekoop. Geen 'adellike' sou as dwangarbeid kontrakwerker opeindig by internasionale genoteerde openbare maatskappy nie, aan die Kaap nie. Selfs in Jakarta, bestaan daar nie sulke dokumente in die koningshuis nie. Dis net weereens 'n meisie van Benoni (nie Stellenbosch se boere-adel nie) wat 'n prinses kon word. Voorstedelike legendes vs voorstedelike werklikhede?

Hans Richardt

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top