Grasie van gewone man as skrywer?

  • 0

Ek glimlag vir die idee dat 'n skrywer meer gesofistikeerdheid sou hê, as 'n gewone man, wie sy ervaringe neerpen. Ek dink dat 'tweed en cashmere' net 'n gemakliker manier van aantrek is, as 'n Johnson 'overall'? Tog stink en poep albei dieselfde in die toilet. Dis die ou storie, daardie model in die duur uitrusting en met eksotiese parfuum skyt net so stink, soos die lamppaal-prostituut wat na ou sweet en gebruikte lyf ruik. Oordrewe selfbeeld lei tot die gevolg dat 'n gewone man nie deur populêre korrekte politieke konstruksie mag sien nie? Kerkorrel het die konsep verstaan en het dit subtiel verwerk in woorde van bv 'Hillbrow', 'wie sou sy drome oorleef' was profeties, want hy het nie. Dis die gewone man wat die tweedbaadjie-man se bestaan regverdig, in sy hogere aanslag perspektiewe.

Hans Richardt

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top