Daar is weer deesdae ’n kenmerkende sarsie persoonlike aanvalle vanuit die beleërde geledere van die agnostici. Want die agnostici se konsekwente antagonisme vind weereens uiting in sarsie op sarsie sinnelose persoonlike aanvalle op gelowiges.
Maar al is die agnostici se konsekwente antagonisme en persoonlike aanvalle op gelowiges ’n arrogante, onaangename en baie negatiewe optrede, is daar tog baie uit te leer uit die Woord.
Mense soos ek kom al vir baie jare met hulle aan en uit die ervaring het daar sekere tipiese kenmerke vorendag gekom wat hulle as agnostici tipeer in hulle hantering van, soos hulle dit graag wil noem, 'debatte' oor sake Gods. Debatte is dit nou wel nie, want hulle het nie begrip vir Gods Woord, nie (dit is mos nie verbasend nie – dit is juis waarom hulle agnostici is) en ironies genoeg, sal hulle tóg in hul insigloosheid en onkunde aanspraak maak op ‘kennis’.
Hulle raak baie vinnig in 'n hoek vasgevang omdat hulle eintlik die satan se leuen dien en dan noodwendig nie bestand kan bly teen die Waarheid van Gods Woord, nie. Hulle probeer verbete om Gods Woord te diskrediteer en sien dan gou-gou dat hulle nie kan slaag, nie. Meestal verstaan hulle nie eens waarvan mens praat, nie, want hulle het gewoon nie die insig, nie.
Aanvanklik begin sulke gesprekke met hulle op ’n redelik bedaarde vlak, maar sodra hulle in ’n hoek beland met hulle insiglose uitlatings, trek hulle los teen die boodskapper – mense soos ek. Kyk gerus, die afgelope tyd se kommunikasies van veral Chris en Thomas en Panda en dié tendens word duidelik gedemonstreer deur hulle. Al waaroor hulle in hoofsaak oor skrywe (as dit nog só genoem kan word) is juis persoonlike aanvalle teen veral my en ook Trienie en Dolf (op die oomblik die drie aktiewe gelowiges hier).
Dus, dan wend hulle hul tot die boodskapper - ons as gelowiges. Ons word dan aangeval met vlaag na vlaag ongegronde, persoonlike beledigings en onwaarhede in 'n poging om ons die mond te snoer en in die hoop dat dit ook die Woord en Waarheid wat ons bring, sal diskrediteer. Let, byvoorbeeld, op Panda se flagrante, desperate leuens (leuen is blykbaar mos vir hulle ’n eienaardige soort ‘waarheid’).
Die nut daarvan, al is dit ook hoe negatief, is dat hulle deur hulle optrede as sulks net weereens die betroubaarheid van God se opgetekende Woord onbewustelik daarmee dien.
Meer as tweeduisend jaar gelde het die HERE ons al geleer dat hulle die leuen sal dien (Johannes 8:43-45) – vir hulle sal die leuen ‘n soort duister ‘waarheid’ word - en so sien ons dit spontaan manifesteer wanneer hulle lostrek met sarsie na sarsie versinsels en leuens oor God, SY Woord en natuurlik, ook ons as God se dienaars. Ons sien ook dat dit nie per ongeluk of met uitsondering of net geïsoleerde gevalle is, nie - dit is ‘n tendens, 'n patroon by hulle. Kyk gerus terug op die laaste agt jaar of langer en lees hulle reaksies en sien die vaste patroon wat daar is.
Dan is daar ook hulle ongekende en ongekende en ongevraagde aggressie en antagonisme teenoor die HERE, SY Woord en ook teenoor ons as dienaars van die HERE, en ook dáárop het die HERE ons al meer as tweeduisend jaar gelede attent gemaak (Mattheus 10:22) en só sien ons dit manifesteer in ons gereelde kommunikasie met hulle.
Die ander aspek wat ook voortdurend uitgelig word, is die feit dat hulle net eenvoudig nie begrip het vir wat ons as gelowiges omtrent sake Gods sê, nie. Ook dit is ’n tendens en nie net uitsonderlik, nie. Ook hieromtrent is die Woord duidelik dat ons dit só van hulle kan verwag en dat hulle eenvoudig nie begrip het vir wat ons sê, nie (Jesaja 29:14; 1 Korinthiërs 1:18; 2:14; ).
Dan is daar ook daardie arrogante en ironies aanspraak op sogenaamde ‘kennis’ waaroor hulle kwansuis sou beskik omtrent die Woord, terwyl hulle inderdaad insigloos en onkundig omtrent die Woord, is. Hulle self kan nie insien dat hulle ander onkundiges papegaai en dus in sirkels van insigloosheid en onkunde rondbeweeg, nie. Maar ook hierdie gedrag van hulle is nie uitsonderlik nie en is ’n tendens wat by hulle algar voorkom (sommige, soos Chris, is selfs obsessief daaroor) en ook hiérdie kenmerkende arrogante optrede van hulle – waar hulle in gewaande sogenaamde ‘kennis’ en disinformasie eintlik dwaas, insigloos en onkundig is - word vir ons al meer as tweeduisend jaar gelde uitgestip en presies beskrywe in die Woord (Romeine 1:19-22).
Daarom, dus, dat ons hierdie kenmerkende optrede konsekwent só sien manifesteer by hulle en só dien die einste húlle, wat die Woord wil diskrediteer, die betroubaarheid en juistheid van die Woord. Daarom is daar niks wat hulle doen, wat nie die Woord in SY Waarheid dien, nie.
Hoe dan anders? God is inderdaad mos die Groot Kundige Sielkundige en SY Woord is betroubaar en getrou tot in ewigheid.
Ek wonder soms wanneer die spulletjie agnostici sal besef hoe hulle in hul pogings en hulle optrede, juis die Woord diensbaar is – hoe erger hoe meer – en sal besef watter kraters hulle van hulself maak ten aansien van enigeen wat bereid is om met die geringste aanwending van ondersoek, te sien met watter klug hulle besig is in hulle pogings om God, SY Woord en SY dienaars, te probeer diskrediteer met allerlei gekunstelde konstrukte (deesdae weer die meem-klug) om daardie vraatsugtige selfdesepsie-sindroom van hulle te probeer voed.
Maar, selfs al sou hulle dit besef, is hulle vasgevang daarin en sou hulle niks daaromtrent kan doen, nie – veral nie op hul eie, sonder God, nie, want hulle dien die vader van die leun, die satan, terwyl hulle, tragies genoeg, nie eens dáárvan bewus is, nie. Hulle is só onbewus van só baie dinge …
En só word deur die getroue HERE gesorg dat die kwaad ook weer ten goede uitwerk, nes Gods betroubare Woord beloof (Romeine 8:28).
Groete,
Kobus de Klerk


Kommentaar
Kobus
Soos aangetoon in my skrywe vandag is jy nou nie juis die toonbeeld van eerlikheid nie. Ons het egter vrede met jou – dis meer die spul bog wat jy kwytraak wat ons so grensloos afpis.
Thomas
Rom. 8:28 Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.
Hoe lekker as jy na ’n versie kan verwys en daarmee die berge stront wat jy praat kan optooi as die wil van God. Waaragter jy kan wegkruip as een gekies deur die Ou Grote.
Vertel ons Kobus, hoe voel dit om altyd reg te wees? Om ’n boek te hê wat alles wat jy sê en doen 100% ondersteun? ’n Boek wat jy kan gebruik om met "spirituele insig" agter weg te kruip as jou argumente en liegstories gaan staan sonder brandstof?
Soos Lukas 18:11 se Fariseër: "O God, ek dank U dat ek nie soos ander mense is nie: diewe, bedrieërs, egbrekers, en ook nie soos hierdie tollenaar nie". Enige reaksie op wat jy skryf is eerder teen jou persoonlik gerig as teen Christenskap, want dit is waar die probleem lê. In jou geval is Christenskap soos die vuiste van die boelie waaragter hy wegkruip.
Nee, Thomas, jy is weereens deur middel van jou eie skywe uitgewys as leuenaar en wanvoorsteller met die teenbewys wat ek verskaf het waar jy versuim het om bewyse vir jou snert oor my, te plaas (uiteraard - daar is nie). En ek sien jy het maatjies wat saam met jou in jou eie put gespring, het.
Chris,
As mens in die wil van God is, is mens deur die genade van God, wel reg. Dus, dit is nie dat ek ’n 'boek' het wat alles bevestig wat ek sou doen nie, maar eerder dat ek, wie ondergeskik is aan die Outeur van die Leer in die Boek, in die wee van die Leer in die Boek, wandel, Ek wonder of jy die verskil sal kan insien.
Nog nooit het enige van dit wat ek weergee, sonder brandstof aan staan, nie. Jy het net nie die brandstof om dit te verstaan nie. Nou karring jy maar eerder met my as persoon, soos ek ook uitgewys het, tipies is van jul soort.
Kobus de Klerk
Beste Kobus,
Man, ek het begrip vir die netelige posisie waarin jy verkeer. Jy het ’n religie te verdedig wat berus op mites (pratende diere en bome, mense wat uit hopies gerond en ribbebene getoor word, en ongehoorsames wat in soupilare verander) en wonderwerke ( maagdelike geboortes, mense wat op water loop en water in wyn verander). Voorwaar nie ’n maklike taak nie. Wil jy nie maar ’n ateïs word nie? Dan het jy tog grond onder jou voete ter verdediging in die vorm van die wetenskap en navorsing.
Om gedurig jouself te probeer wys maak dit wat die menslike verbeelding geskep het , werklik bestaan, is mos psigoties.
O nee, so eenvoudig is dit beslis nie. Daar is honderde, indien nie duisende, verskillende maniere om die Bybel te interpreteer. Jou Bybel is niks meer as 'n praatpop vir jou verwronge idees nie.
Angus,
Jou ou rakker. Dat jy nou wragties waar, nadat jy en jou ateïstiese/evolsionistiese pêlle se “afgodsdiens” van evolusie se “wetenskaplike navorsing en bewyse” as omstootlik uitgewys is, sowaar weer dit as ondersteuning/verdediging gebruik om Kobus te oortuig van jou/julle weë na nêrens! Hahahaha…..dan praat jy van psigoties…. hoe kostelik!
Jy sal nie die Waarheid van God se Woord kan erken nie, al slaan dit jou tussen die oë! Maar dit is maar net een van die nadele van die aanhangers van die leuen van hierdie wêreld – en nog steeds besef jy/julle dít nie!
Sterkte
Dolf
Chris, jy praat vanuit die oogpunt van 'n agnostikus en sekulêre teoloë. Wat het enige van julle met die werklikheid omtrent die uitleg van die Woord te make (Johannes 14:26)?
Wanneer sal jy besef jy is 'n agnostikus en juis omdat en daarom, weet jy nie wat aangaan, nie? Julle hele lewe bestaan uit onsekerhede - die ware gelowige s'n, nie.
Kobus de Klerk