“Camagu!”

  • 0

sonner ’n uitroepteken, enige slagspreuk,
uitroep, na meer v’rname, fisies afwesige,
Entiteit, Wese, Schepper, umDalimKhulu,
sonner eksklamasiemerkie, sallittie werkie

via “Camagu!” Mens ouers, Eerstes oproep,
allemal yt wie Millennium Drie Mens spruit,
Aardb’woner, eks-Paradyslik’, skermunkel,
yteind’lik bietjie b’reid tot medemenslikheid

o, Allah, Magtig, Mens in stryd m’t U B’leid,
afwesig is waardigheid, respek vir Natuur,
“Camagu!” en ubuNtu wildernis in g’stuur,
vrede, g’regtigheid, saam’t waswater yt

soebat Mens, needrig, virre vale:”As U Wil,
Allah, Maak tog nu allie skietgoeters stil”

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top