Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Road Trip SA: ’n onderhoud oor ’n slimfoontoepassing vir elke reisiger

Naomi Meyer, Emile Coetzee Reis 2018-07-19

"Wie sou kon raai dat daar so baie Suid-Afrikaanse monumente, elkeen uniek, in ons land en in ons buurlande en selfs oorsee is?"

Suider-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek se winterskool 2018

Dewald Koen NeerlandiNet 2018-07-18

"Vanaf 1 tot 7 Julie het studente verbonde aan agt Suid-Afrikaanse universiteite, asook die Universiteit van Namibië, in Port Elizabeth byeengekom vir vanjaar se winterskool. Altesaam 23 studente het die weeklange kursus in Nederlandse taalverwerwing asook Nederlandse en Vlaamse letterkunde gevolg."

’n Onvoltooide tapisserie: fakkeldraer Vearey se Jeremy vannie Elsies

Heindrich Wyngaard Resensies 2018-07-18

"Straks dui dit ook, op ’n ander vlak, ’n núwe 'opwindende groeipunt' vir Afrikaanse letterkunde aan (om Elsa Joubert by te haal) en maak dít van fakkeldraer Veary – hierdie selfgedefinieerde en selfgeïdentifiseerde onvoltooide tapisserie – ’n belangrike bydraer tot die taak 'om die prent van ons hele gemeenskap te kan skrywe'."

Mandela-dag 2018: Luisteren naar Afrika

Yves T'Sjoen NeerlandiNet 2018-07-18

"De wereld viert vandaag een eeuwfeest. Op 18 juli wordt herdacht dat Rolihlahla (Nelson) Mandela precies honderd jaar geleden is geboren in Mvezo, een Oost-Kaaps dorp van de Transkei. Madiba, zoals Mandela in zijn clan is genoemd, kreeg internationale bekendheid toen hij in augustus 1962 is gearresteerd."

Is ’n filantroop met ’n skildery bedrieg?

Dan Sleigh Seminare en essays 2018-07-18

"’n Skilder hoef, anders as ’n fotograaf, nie teenwoordig te wees by die gebeurtenis wat hy uitbeeld nie. Da Vinci het nie die Laaste Avondmaal bygewoon nie en Gèricault het nooit Medusa se vlot gesien nie, maar vir enigeen bly dit onmoontlik om iets te skilder wat ná sy dood plaasgevind het."

Is ons regtig verbaas oor die proteste?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-07-18

"En as niemand na jou wil luister nie, en by gebrek aan kanale om jou griewe reg te stel, kan die grootskaalse afbreek van munisipale geriewe terapeuties wees."

Kreolisering, die Afrikaanse letterkunde en kultuur: ’n onderhoud

Menán van Heerden, Hein Viljoen Onderhoude 2018-07-17

"Ek probeer, seker ’n bietjie uitdagend, die krag van kreolisering en verbastering in die Afrikaanse letterkunde verken, maar ook vier. Ek ondersoek dus doelbewus die vermenging met ander tale en kulture wat soms as 'onsuiwer' of as 'verbastering' beskou word en ook hoe sienings van 'suiwerheid' en 'onsuiwerheid' deur die jare verander het. Ek probeer dit verstaan binne groter netwerke van kulture en tekste."

Veeltaligheid wêreldwyd: ’n oorsig van ’n onlangse werkswinkel

Hans Pienaar Universiteitseminaar | University Seminar 2018-07-17

"In die Vaaldriehoek is daar ’n nuwe gebruik vir Afrikaans. Die kinders van Kongolese migrante wat die taal op skool aanleer, het ontdek dit dien goed as ’n kodetaal, een waarin hulle met mekaar kan konnekteer sonder dat ander mense, veral hul ouers, hulle kan verstaan."

Vrystaat Kunstefees 2018: Afrikaans nie op kunstefeeste gered nie

Marnus Kok Menings 2018-07-16

"Is dit nie nou tyd om met die regering en universiteitsowerhede indringend te praat oor die toekoms van Afrikaanse onderwys nie? Dalk is daar reeds sulke gesprekke, maar word die stem van Jan Alleman, soos die skolier uit Waterkloof, Pretoria se Moot, Elsiesrivier, Kuruman of Bloemfontein, wat hoop om eendag in Afrikaans te studeer, gehoor?"

Vrystaat Kunstefees 2018: Gesprek oor Afrikaans

Mercy Kannemeyer Feeste 2018-07-13

"Bestaansangs en vrees oor Afrikaans gaan ons nêrens bring nie. Ons moet fokus op die dele van die taal wat goed doen en wat kultuur en erfenis bevorder – soos letterkunde, teater, flieks, ens."

Vrystaat Kunstefees 2018: Vrynge inspireer ontluikende kunste

Marli van Eeden, Michael Garbett Feeste 2018-07-13

"In die afwesigheid van doeltreffende afsetgebiede vir die kunste – veral in gemeenskappe wat migreer het tot meer geïsoleerde vorme van vermaak – het die feeste hulself geposisioneer as die vernaamste rolspelers vir die viering en voortsetting van Suid Afrikaanse kuns. Verder het die kunstefeeste ook ’n bepalende rol begin speel in die ontwikkeling van jong kunstenaars."

LitNet Akademies-resensie-essay: As in die mond deur Nicole Jaekel Strauss

Thys Human Resensies 2018-07-12

"As in die mond is ’n bundel waarvan die geheelbetekenis véél meer is as die som van die samestellende dele. Strauss benut die moontlikhede wat die skakeling van verhale haar bied, ten volle. Met haar beste verhale, soos 'Kleinood', 'In die skadu van eierwit I' en 'Donkey Kong', laat sy ’n mens se mond met verwondering oopval."

On “Young man at home 1972”

Marlene van Niekerk New writing 2018-07-12

"Time to part with what I’ve gleaned,
pick your favourite, he said,
I’ll print it, frame it, bring it round."

’n Respons op Wouter Gildenhuys se ope brief aan Phumelele Buthelezi oor die toekoms van Afrikaans in skole

Marelize Brink SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2018-07-12

"Ek glo die antwoord op al hierdie vrae is ’n nuwe Afrikaans, ’n nuwe vak met ’n nuwe uitgangspunt."

Die slaaimetode: ’n gesonde lees- en leertegniek

Estelle Kruger, Amanda Anker, Sanet Cox Onderhoude 2018-07-11

"Dit behels die konkrete uitbeelding van die denkproses tydens lees met behulp van gekleurde blokkies papier wat onderskeidelik die teks (in groen blokkies) en denke (in rooi blokkies) voorstel. Aan die hand van ’n leesstuk beeld die dosent dan die proses uit en bou die 'slaai' as kombinasie van teks en denke, wat gesamentlik tot die leesproses lei."

Philip Wilson: die finale spyker in die Rooms-Katolieke kis?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-07-10

"Tradisioneel is die skeiding tussen staat en kerk met groot ontsag behandel in demokratiese samelewings. Australië en ander Westerse lande is egter toenemend besig om spier te bult en die kerk te dwing om aan moderne wetgewing gehoor te gee."

WAT-kompetisie: Het jou onderneming die treffendste Afrikaanse handelsnaam?

Naomi Meyer, Willem Botha Woordeboek van die Afrikaanse Taal-portaal 2018-07-09

"Die doel van die kompetisie is om mense bewus te maak van die skeppende krag van Afrikaans en dat jy suksesvol met ’n Afrikaanse naam kan handel dryf."

Afrikaans in die buiteland: ’n onderhoud met Rina Loader van die Universiteit Wenen, Oostenryk

Menán van Heerden, Naomi Meyer, Rina Loader Onderhoude 2018-07-04

Hoe is dit gesteld met Afrikaans in die buiteland? Waar word die taal en sy letterkunde by universiteite as vak aangebied? Naomi Meyer en Menán van Heerden gesels met Rina Loader van die Universiteit Wenen, Oostenryk.

Leeskringe: uithangplekke of ’n amulet teen die vuur?

Marietjie Lambrechts Leeskringkamer 2018-07-04

"Baie redes word aangevoer om die bestaansreg van leeskringe te regverdig. Benewens die uitruil van idees, verbreding van kennis, nuwe vriende, omgee tussen lede en sosiale samesyn lê ’n liefde vir lees en boeke die naaste aan elke lid se hart."

Hermann Giliomee speaks about his latest book, Die Afrikaners

Paul Murray Books and writers 2018-07-04

"There was a hard-hitting question about the future of Afrikaans."

Top