Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Christo van Rensburg (1938–2018)
2018-08-20"Hy was een van ’n geslag van ikone en uitstaande kenners van die Afrikaanse taalkunde wat ’n mens by wyse van spreke in die eregalery van Afrikaans sal vind."
Vyf dae in Malta: arena van die geskiedenis
2018-08-15"Op die wêreldkaart, en selfs op die kaart van Europa, is Malta net ’n spikkeltjie in die Middellandse See. As Sisilië die rugbybal is wat deur Italië se voet geskop word, dan is Malta ’n stukkie grond wat van die veld af opspat. Dit is een van die kleinste en mees digbevolkte lande ter wêreld."
Huldeblyk aan Christo van Rensburg: ’n Afrikaanse woord is weg
2018-08-15"Die leemte is groot vir sy familie, kollegas, wye vriendekring en die Afrikaansgebruikende gemeenskap, want aan grense het hy hom nie gesteur nie."
In response to Marlene van Niekerk’s poem, “Fallist art”
2018-08-15"Words hurt, and Bongani Mayosi paid the ultimate price for this kind of hurt. Let us be critical, by all means, but let us give more thought to how our words might affect one another."
Die Zombie Apocalypse
2018-08-15"Die storie van antie Ellen [Pakkies] se struggle wôd op 7 September 2018 landwyd gerelease. Die storie is gebaseer op antie Ellen se liewe en struggle met haa sieen, wat sy finally veloorit deu haa eie hanne."
Koos Human: Sonder hom was alles anders ...
2018-08-15"Human is in latere jare deur jonger skrywers as deel van die establishment gereken. Sy rol was toe steeds ten goede, toenemend om in ’n klein taalgemeenskap ’n ewewigtige bydrae te lewer, mense te vergaar eerder as te verdeel, en om die integriteit van die uitgewersbedryf te handhaaf."
Rondom grondhervorming
2018-08-15"Die argument word gevoer dat Suid-Afrika nooit ’n tweede Zimbabwe sal kan wees nie. Ek stem hiermee saam, behalwe dat die uitkoms van ondeurdagte grondhervorming veel erger kan wees."
Die kerk, gays en die hof
2018-08-14"Tradisioneel is die howe maar traag om oor kerksake en geloofsbeginsels uitspraak te lewer. Wat hierdie saak anders maak, is dat geloofsbeginsels en die Bybel glad nie ter sprake is nie."
“Liewe hemel!” Ernst van Heerden en de vroege poëzie van Antjie Krog
2018-08-13"Teneinde inzage te krijgen in de kritische auteurspoëtica alsook het esthetische repertoire van Van Heerden, kan de casus Antjie Krog illustratief zijn. Onderzoeksvragen zijn hoe de oudere, traditioneel georiënteerde literatuurbeschouwer dichtwerk van de atypische, recalcitrante jonge schrijfster heeft gerecipieerd."
NB-Uitgewers betreur Koos Human se afsterwe
2018-08-10"Hy was veral bekend vir die besonderse manier waarop hy die uitgewer se verhouding met skrywers tot ’n fyn kuns vervolmaak het."
Fallist art (in memory of Bongani Mayosi)
2018-08-10"Bongani’s soul, his sister said,
was vandalised, the insults
(sell-out, coconut)
cut him to the core, he changed,
withdrew, spoke less and less
and killed himself."
Persvrystelling: Toetssaak oor moedertaalonderrig binnekort in die Konstitusionele Hof aangehoor
2018-08-10"Die appèlsaak gaan allereers oor die Universiteit Stellenbosch se taalbeleid, maar dit is ook ’n saak wat veel wyer implikasies vir Suid-Afrika se onderwysstelsel en die ontwikkeling van sy samelewing inhou."
Gesant van die mispels en In die stille agterkamer deur Marlene van Niekerk: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2018-08-08"Van Niekerk gooi met haar nuwe werk ’n Nietzscheaanse tou oor die afgrond na lesende kritici, kritiese lesers, gewoond om 'teen die grein' en vryblywend te beoordeel, te evalueer en te kategoriseer. Nie langer kan kritici afstandelik, veilig en vanaf die verte sonder emosionele betrokkenheid skryf nie."
Press release: Women’s Day and the International Day of the World’s Indigenous People
2018-08-08Iziko Museums of South Africa and the Supusupu Khoe Language Project will commemorate Women’s Day, as well as the International Day of the World’s Indigenous People, on 9 August 2018.
Taal en migrasie: ’n onderhoud met Andries Coetzee
2018-08-07"Migrasie is deel van die geskiedenis van die mensdom vanaf die vroegste tye en tot vandag toe. Sover as ek kan sien, is daar niks nuuts in die migrasie van boere na Patagoniё toe nie, en ook nie vir boere wat sou kies om Rusland toe te gaan nie. Hierdie migrasies vind al vir millennia plaas en om baie van dieselfde redes: ideologies, finansieel, avontuur, oorlog ..."
Die eenpersoondrama: ’n onderhoud met Nicola Hanekom
2018-08-07"Die meeste drama is op konflik gebaseer. Omdat daar net een karakter is, moet die konflik binne die karakter afspeel. Hoe dan anders? Die gehoor sien die worsteling omdat die karakter die moed het om die masker te laat glip en nie op te sit nie."
Die dood van Zelda Jongbloed: ’n geleentheid vir erkenning aan bruin pioniers in die Afrikaanse media
2018-08-07"Die 16de vloer van die Naspers-gebou, nou die Media24-sentrum, in Kaapstad. Dis Junie 1993. Zelda Jongbloed gluur my, ’n eerstejaar-joernalistiekstudent, hier voor haar aan, ietwat geamuseerd."
Die Oudgriekse argitektuur (deel 2)
2018-08-06"Die antieke Griekse drama, oftewel teaterkultuur, het reeds teen 700 vC op die voorgrond begin tree, met Athene wat mettertyd die middelpunt daarvan geword het, eers vir die tragedie (teen 500 vC) en kort daarna ook vir die komedie."
Magnus en die seuns
2018-08-06"Hoekom dit meer skokkend moet wees as die bewese feite dat hulle menseregte-aktiviste gemartel en vermoor het, is vir my duister. Hoekom dit meer skokkend moet wees as die gebeure van 16 Junie 1976, weet ek ook nie. Dis tog dieselfde groep, en dieselfde mentaliteit, wat vir albei verantwoordelik was."
Vrouemaand – net nog ’n gimmick, soos Valentynschocolates en Paaseiers
2018-08-06"Elke Augustus is dieselfde: ’n string uitnodigings om praatjies te lewer oor die rol van die vrou, die nasionale Departement vir Vroue en Kinders skrik wakker en onthou dat hulle eintlik ook ’n rol te speel het, en politici stof hulle 'vroue is wonderlik' speech van die vorige jaar af en paradeer dit. Maar wat het regtig verander vir vroue?"
