Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

’n Gevaarlike tyd om ’n joernalis te wees

Herman Wasserman Menings 2018-10-26

"Verlede jaar is ’n rekordgetal joernaliste wêreldwyd in hegtenis geneem. Slegs enkele dae gelede het die verdwyning van die Saoedi-Arabiese joernalis Jamal Khashoggi uit dié land se ambassade in Istanbul wêreldwyd opslae gemaak. Daar word nou allerweë aanvaar dat Khashoggi, ’n prominente kritikus van die Saoedi-Arabiese regering, vermoor is."

Lig maar elke klip op, anders sal hulle uitroep: oor die gevare van sekondêre navorsing – met besondere verwysing na Skepelinge deur Karel Schoeman, en ’n tereggestelde slaaf

François Verster Seminare en essays 2018-10-25

"Wát is die waarheid? En wat ís waarheid? Of wié se waarheid is dit?"

Onderhoud met Chase Rhys, skrywer van Kinnes, ’n novelle

Mercy Kannemeyer, Chase Rhys Skrywersonderhoude 2018-10-24

"Vind uit wie jy is en skryf dan van daai posisie. Om persoonlike ervarings in jou skryfwerk te gebruik hoefie seer te wies nie – jy sal verstaan dis net deel van jou story, dis nie wie jy is nie." 

Breyten Breytenbach se The 81 ways of letting go a late self in Kaapstad te sien

Marli van Eeden Kuns 2018-10-24

Die digter, skrywer en kunstenaar Breyten Breytenbach se kunswerke is tans in Kaapstad te sien, as deel van sy solo-uitstalling The 81 ways of letting go a late self. Die opening van die uitstalling het Donderdag 18 Oktober by die Stevenson-galery in Kaapstad plaasgevind, met Breytenbach self wat teenwoordig was. Marli van Eeden vertel meer.

Van Afrikaans gepraat: ’n onderhoud met Hans du Plessis

Menán van Heerden, Hans du Plessis Onderhoude 2018-10-23

"Dit is hierdie herwaardering van die bydraes wat sowel die Khoi as die slawe gelewer het in die ontwikkeling van Afrikaans, wat die wese vorm van Van Afrikaans gepraat (Christo van Rensburg, LAPA Uitgewers; Engelse weergawe: Finding Afrikaans)." Menán van Heerden het met Hans du Plessis oor die boek gesels, asook oor wyle Christo van Rensburg se waardevolle bydrae tot navorsing oor Afrikaans.

Zuid-Afrikahuis: Programma, November 2018

LitNet NeerlandiNet 2018-10-23

Hier is die volledige program van die geleenthede wat in November by die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam plaasvind.

Afrikaans in de Oost-Kaap: academische erfenis van Brink, Louw en Van Heerden op de tocht

Yves T'Sjoen Menings 2018-10-23

"Met deze bijdrage, en de openbare bekendstelling van de inhoud van de brief, roep ik alle instituties en lezers op die het Afrikaans genegen zijn te protesteren tegen het drastisch besluit van het universiteitsbestuur in Grahamstad."

Kanarie: persoonlike indrukke

Naomi Meyer Film 2018-10-22

"’n Kanarie hoort nie in ’n kou nie."

Die beeldsending van verhore: publieke belang of Reality TV v 2.0?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-10-22

"En watse belang het die publiek regtig om die grafiese besonderhede te weet van wat tydens ’n aanval gebeur het? Is ons nie besig om te vergeet dat terwyl dit popcorn entertainment vir ons is, dit die herlewing van die verskriklikste ervaring van die klaagster se lewe is nie? Waar is ons compassion?"

Die vierde Russel Botman Gedenklesing: Van ontmensliking tot hoop

Marlene le Roux Seminare en essays 2018-10-19

"Ek glo soos Russel Botman: die lewe is eenvoudig; dit skuld jou nie, maar dit is wat jy van jouself gee, en wat jou nalatenskap is vir die wêreld as burgers van ons wonderlike land Suid-Afrika. Mag dit ’n nalatenskap van hoop wees."

5e Gents Colloquium over het Afrikaans: fascinerend en toekomstgericht colloquium over het Afrikaans en Zuid-Afrikaanse literatuur

Herman Meulemans NeerlandiNet 2018-10-18

"Op 4 oktober jongstleden hield Wannie Carstens, Noordwes Universiteit, zijn oratie 'Afrikaans – enkele taaldebatspunte' als Leerstoelhouder Zuid-Afrika: Talen, Literaturen, Cultuur en Maatschappij. Op 5 en 6 oktober vond het 5e Gents Colloquium over het Afrikaans plaats."

Suid-Afrika en die ekonomiese resessie

Jason Lloyd Rubrieke 2018-10-18

"Die belastingbasis kan egter vergroot word net indien meer mense werk het om belasting te betaal. Dit is die groot olifant in die vertrek."

Breyten Breytenbach en de Lage Landen

Yves T'Sjoen NeerlandiNet 2018-10-18

"In 2019, wanneer Breytenbach (1939) tachtig is, wordt de vijfde verjaardag gevierd van Breytenbachs toetreding tot de universitaire gemeenschap in Gent. Het Gents Centrum voor het Afrikaans en de studie van Zuid-Afrika gebruikt de aanleiding om het letterkundig deel van het jaarlijks symposium integraal op te hangen aan Breytenbachs artistieke oeuvre."

Huppelkind, gister en vandag: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Michelle Cooper Onderhoude 2018-10-18

"Huppel is die universele kind. Hy is sorgvry en nuuskierig oor die mense, diere en dinge om hom."

Kanarie binnekort by plaaslike rolprentteaters: ’n onderhoud met Schalk Bezuidenhout

Marli van Eeden, Schalk Bezuidenhout Film 2018-10-18

"Ek dink mense is dikwels onder die indruk dat ’n 'ernstige' rol meer uitdagend is as ’n rol in ’n komediereeks byvoorbeeld. Of dit nou drama of komedie is, jy moet ’n karakter op ’n geloofwaardige manier aan ’n gehoor oordra, en dit is altyd ’n uitdaging."

Onderwys, opvoeding en gebruike in ’n nuwe era

Estelle Kruger, Henriëtte Loubser Onderhoude 2018-10-17

"[T]oe ek begin met my navorsing, was ek reeds deeglik bewus van die heersende toestand van verbruik en misbruik van die aarde se natuurlike hulpbronne, maar ek het nooit werklik besin oor die meerderwaardigheid waarmee die mens die niemenslike bejeën nie."

Kavanaugh, vroueregte en die toekoms van protes

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-10-17

"The handmaid’s tale is nie meer net ’n distopiese verhaal nie. Dis ’n waarskuwing, ’n blik op ’n potensiële toekoms, een wat vroue nie kan bekostig nie. Nie nou nie, nie ooit nie."

Ongelykheid in skole, en hoe blind almal daarvoor is

Jerome Joorst SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2018-10-17

"As niemand hul blinde kolle wil erken nie, hoe gaan ons die prentjie verander in die belang van ons almal se kinders?"

Pik Botha: lewensgenieter, omstrede, geliefd, ’n man vir verandering

Martie Retief-Meiring In memoriam 2018-10-15

"Omtrent elkeen wat Pik Botha geken het, het ’n Pik-storie. As hy met jou gepraat het, was dit met die deurdringendheid van iets belangriks, asof hy met jou alleen ’n idee, ’n antwoord, ’n gedagte wou deel."

Daa’s ’n roering

Olivia M Coetzee Rubrieke 2018-10-11

"Uncle Ramaphosa se hare raak elke dag al hoe meedere gryser. Hulle sê wanne ’n skip sink dan vlug die rats. Soe, ôs sieke dâm nog okay, wan daa is noggie ’n geskarrel innie gawementie. Of is daa?"

Top