Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN): ’n onderhoud met Wyno Simes
2018-12-13Wyno Simes is onlangs as die nuwe kurator van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) aangewys. Menán van Heerden het met Wyno gesels om meer oor die geskiedenis, literêre erfenis, dienste en oogmerke van NALN uit te vind.
Sending aan onwilliges
2018-12-12"As Chau die Sentinelese se 'nee' respekteer het, sou hy vandag nog gelewe het."
Só skryf mens ’n akademiese artikel
2018-12-12"Teen die tyd dat die artikel geskryf word, is dit eintlik te laat om so ’n raamwerk te bou, aangesien die raamwerk al die aanvanklike navorsing moes gerig en gelei het."
LitNet Akademies Weerdink: ’n Globale perspektief op groepregte en diversiteit
2018-12-11Die LitNet Akademies Weerdink-reeks skakel akademiese navorsing met die brandende kwessies van 2018/2019. Die eerste onderhoud in hierdie reeks hou verband met migrasie en populisme; groepregte; en globalisering en mobiliteit. Menán van Heerden gesels met Elirea Bornman.
’n Oud-Griekse roman: Daphnis en Chloê van Longus van Lesbos
2018-12-11"Ek wil graag hier vir die leser ’n kykie bied in een van die vyf bewaargeblewe oud-Griekse romans, naamlik Longus se Daphnis en Chloê. Dit is nie alleen die kortste (ong 3 000 reëls) van hierdie oud-Griekse romans nie, maar ook die mees erotiese en daarby die mees psigo-analitiese sover dit die liefde aangaan."
Die kwiksilwer van tyd (Why life speeds up as we grow older)
2018-12-11"Maar waarom dan die persepsie dat jare vinniger of stadiger gaan as die ure en dae dieselfde bly? En waarom onthou ons gebeure wat persoonlike trauma veroorsaak het, beter as ander?"
Weerklink van ’n wanklank: ’n onderhoud met Pieter-Dirk Uys
2018-12-11"‘Moenie dat hulle jou bangmaak nie, maak hulle belaglik.’ Daardie woorde het my lewe verander. Lag vir jou vrees en maak dit minder vreeslik. En dít is wat humor vir my beteken."
Die Bo-Kaap: my erfenis
2018-12-06"My wortels en waar ek vandaan kom, is baie belangrik. Dit begin in die Bo-Kaap! Alhoewel ek nie meer in die Bo-Kaap woon nie, is my eerste herinneringe, my geskiedenis, my kultuur en tradisies in hierdie pragtige gebied op die hange van Signal Hill gewortel. Met die aanvang van gentrifikasie is die gemoedsrus van die inwoners van die Bo-Kaap tot sy kern geskud. My storie is net een storie."
Van skrywers, boeke en lesers (Deel 3)
2018-12-06"Kinders het nie veel keuses gehad daai tyd nie, maar niemand het ons keuses in die biblioteek bevraagteken nie. Dalk juis daarom dat biblioteke vandag nog vir my die ultimate demokrasie is. Almal is gelyk. Almal se keuse word gerespekteer. Lesers is ’n tribe. Ons ken mekaar uit waar ons ook al gaan. En dis kosbaar. Dis onvervangbaar."
Hoe lyk ’n bruin mens?
2018-12-05"Dit bring na vore dat bruines nie almal eenders lyk nie. Hulle is nie vervelige fotokopieë van mekaar nie. Vele bloedlyne deurkruis die psige van bruinwees. Die genetiese boustene van menswees lê dus almal in bruinwees opgesluit."
Wie was die voorsate van die moderne mens?
2018-12-05"Minder as ’n 100 000 jaar gelede was die moderne mens meestal beperk tot Afrika – die vasteland waar ons almal ontstaan het. Hulle neefs en niggies, die Neanderdalmense, én die Denisovans, het onderskeidelik in die weste en ooste van Eurasië geleef. ’n Enorme gebied."
Nelson Mandela – zijn nalatenschap
2018-12-05Dit is vyf jaar na die afsterwe van Nelson Mandela, en Herman Meulemans skryf oor Zelda la Grange se Nelson Mandela-lesing in Gent: "Er zijn weinig doorwrochte werken verschenen over Nelson Mandela die het innerlijke van deze man meer doen spreken dan Zelda la Grange’s memoires."
Die sielkunde van korrupsie
2018-12-04“Binne die konteks van ’n konseptuele raamwerk sou ’n vertrekpunt in die toekoms moontlik wees om ’n drieledige teoretiese raamwerk daar te stel wat fokus op persoonlikheid, moraliteit en magsbewustheid as ’n grondslag vir korrupsievatbaarheid.”
Die vrystelling van slawe: 1 Desember 1834
2018-12-01Slawerny is op 1 Desember 1834 amptelik in die Kaapkolonie afgeskaf, maar slawe moes daarna vir vier as vakmanne vir hul eienaars werk. Slawe is dus ten volle bevry op 1 Desember 1838. Hier is ’n keuse uit LitNet-materiaal oor die rol en invloed van slawe en hul afstammelinge.
Rolspelers in die onderwys in gesprek: ’n Uiters suksesvolle nasionale beraad
2018-11-29"Die Afrikaanse Taalraad (ATR) het op 9 en 10 November 2018 verskeie rolspelers in die onderwys genooi om te besin oor maniere om saam te werk en nie onnodig te dupliseer nie."
Van boeke, lesers en skrywers (Deel 2)
2018-11-27"Klaskamers bars uit hul nate en een leerkrag kan nie aan elke leerder die nodige aandag gee nie. As jou kind in graad 1 nie onmiddellik leer hoe om te klank nie, hoe om sigwoorde te herken nie en hoe om basiese somme te doen nie, het jy reeds met ʼn agterstand begin."
Die intieme musiekspel: ’n onderhoud met André Gerber en Petrus du Preez
2018-11-27"Vir ons as teatermakers bly die vraag altyd: Hoekom moet ons dié storie vertel?"
Die Bybel as interteks in die Afrikaanse poësie: Lina Spies in gesprek met Pieter de Villiers
2018-11-26"Ek het die artikel geskryf om opnuut aandag te vestig op die belangrikheid van Ina Rousseau se klein oeuvre waarin die deurlopende tema van die verlore paradys my opgeval het soos wat die titel van haar debuut, Die verlate tuin, reeds te kenne gee. By die skryf van my artikel het dit vir my geblyk dat waar dié tema in sekere gedigte nie eksplisiet uitdrukking vind nie, dit misgekyk word en die interpretasie nie reg laat geskied aan die integrasie van al die elemente in die gedig, dus in sy volle aanbod, nie."
