LitNetKanaal op YouTube
Wiskunde met LitNet-video: Graad 10-kwadratiese getalpatrone, kenmerke en vrae
2026-03-11Is jy in graad 10 en verstaan jy nie kwadratiese getalpatrone nie? Kyk hier: Lee-Ann Langeveld verduidelik alles vir jou in hierdie splinternuwe Wiskundevideo!
Stemnota: VSA-Israeli-konflik met Iran
2026-03-10Gebaseer op onlangse gebeure in 2026, het die VSA, in samewerking met Israel, op 28 Februarie 2026 groot lugaanvalle teen Iran geloods. Verskeie teikens is getref, en dit het tot die dood van die opperleier, ajatolla Ali Khamenei, gelei. Theo Venter neem bestek op.
Pareltjes uit Amsterdam: Karel Appel in die Stedelijk Museum
2026-03-05In hierdie aflewering ontdek Johan Allers ’n onbekende pareltje in die Stedelijk Museum: ’n klein koffiekamertjie wat in die vyftigerjare deur Karel Appel beskilder is.
Stemnota: Trump en wêreldwye energiebeheer
2026-03-05Luister na politieke ontleder André Duvenhage se stemnota oor die streeksoorlog in die Midde-Ooste en die moontlikheid dat dit kan uitbrei tot ’n derde wêreldoorlog. Hoe raak dit SA?
Wyngaard Weekliks: Het die president te veel mag?
2026-03-03In hierdie eerste video-aflewering van Wyngaard Weekliks bespreek Heindrich Wyngaard die oënskynlik toenemende verplasing van ministeriële funksies na die Presidensie. Sy gaste is die politieke kommentators Pieter Duvenhage en Oscar van Heerden.
Video-oorsig: Adam Small-fees 2026 (Pniël, Wes-Kaap)
2026-02-23Die 2026-Adam Small-fees het 20–22 Februarie in Pniël, op pad na Franschhoek vanaf Stellenbosch, plaasgevind. Hierdie fees vind jaarliks in hierdie voormalige sendingstasie vir vrygestelde slawe plaas. Hierdie kort video-oorsig dek die Saterdag-program, wat op Internasionale Moedertaaldag geval het. Vanjaar was dit ’n spesiale viering, aangesien 2026 die jaar is waarin Adam Small 90 jaar oud sou geword het en hy 10 jaar gelede oorlede is. Daar is vanjaar ook hulde gebring aan die digter Diana Ferrus, wat in Januarie 2026 oorlede is.
"Nuwe oë"-videokompetisie: Word LitNet se gesig op sosiale media
2026-02-20Is jy ’n beïnvloeder of inhoudskepper op sosiale media? Of wil jy graag een wees? LitNet is op soek na ’n kreatiewe persoon met ’n vars inslag om ons inhoud deur middel van video’s op sosiale media na nuwe en groter gehore te bring.
Kollig op akademikus Shamiega Chaudhari: kolonialisme, postkolonialisme en dekolonialisering
2026-02-20"Die Afrikaanse gogga het my gebyt." LitNet Akademies-navorser Shamiega Chaudhari vertel meer. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
SteedsDink met LitNet Akademies: Shamiega Chaudhari oor haar akademiese navorsing
2026-02-20In hierdie video gesels Shamiega Chaudhari oor onder meer Arabiese Afrikaans, herwinning van identiteit en kultuur, dekolonialisering en postkolonialisme, en Afrikaanse skrywers soos Diana Ferrus, Gaireyah Fredericks en Chase Rhys. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
Pareltjes uit Amsterdam: ’n Suid-Afrikaanse fokus op die Rijksmuseum
2026-02-19Die beroemde Rijksmuseum in Amsterdam het taamlik baie materiaal oor Suid-Afrika in hulle besit. In hierdie pareltje wandel Johan Allers so ’n bietjie deur die museum se argiewe.
Pareltjes uit Amsterdam: Blue dots in die Stedelijk Museum
2026-02-06Wat gebeur met belangrike kunswerke tydens ’n oorlog? In hierdie video besoek Johan Allers die Blue dots-uitstalling in die Stedelijk Museum. Die kleur van die kolle vertel ons meer van die kunswerke se waarde tydens ’n oorlog.
World Read Aloud Day 2026: Neo’s invisible blanket by Salamina Mosese
2026-02-06During the week in which World Read Aloud Day took place for the year, Salamino Mosese read from her children's book Neo’s invisible blanket - in Sepedi.
Wêreldhardopleesdag 2026: Pharos Junior Tweetalige Skoolwoordeboek en Pharos Tweetalige Woordeboek
2026-02-06Het Lize Booysen van Pharos ’n woordeboek ingesluk? Ja, sy het! Dit was onlangs Wêreldhardopleesdag 2026 en Lize het op versoek uit skoolwoordeboeke voorgelees. Wenk: Gebruik jou woordeboek – en luister na al die betekenisse van die woord "verbruik" in hierdie video.
SteedsDink met LitNet Akademies: Mariëtte Geyser oor haar akademiese navorsing
2026-02-05Mariëtte Geyser is ’n boer en ’n akademikus. In hierdie video gesels sy oor onder meer die landbou-ekonomie, insluitend klimaatsfinansiering, internasionale mededingendheid, nuwe markte, risikobestuur, uitvoerregulasies en voedselsekerheid. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
Kollig op akademikus Mariëtte Geyser: Die Suid-Afrikaanse landboubedryf
2026-02-05In hierdie video gesels Mariëtte Geyser oor onder meer kunsmatige intelligensie en landbou en algemene uitdagings vir boere. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
Jou KI-IK: Die tuin se geheime held
2026-01-30"Is die liewenheersbesie ’n monstertjie of ’n held?" Kyk na hierdie KI-gegenereerde video wat ’n LitNet-skoleverrykingsartikel (Lewenswetenskappe) deur Rouxlyn Botha (2024) opsom. LitNet eksperimenteer tans met KI, en hierdie Afrikaanse video verteenwoordig so ’n poging.
Pareltjes uit Amsterdam: Kevin Osepa se uitstalling in die Stedelijk Museum
2026-01-29In hierdie video besoek Johan Allers Kevin Osepa se uitstalling, wat handel oor die rouperiode na ’n begrafnis op sy geboorte-eiland Curaçao, in die Stedelijk Museum.
Jou KI-IK: Jou Suid-Afrikaanse erfenis
2026-01-06KI praat Afrikaans. LitNet eksperimenteer tans met KI, en hierdie Afrikaanse video verteenwoordig so ’n poging. "Die geure van jou ouma se resep, die geheue en klanke van liedjies, die stories wat oorvertel word – ontasbare erfenis leef in ons almal. Watter waarde het erfenis wat nie kan afbrand of verwoes word soos ’n gebou of monument nie?"
Pareltjes uit Amsterdam: Oceanista – Fashion & Sea
2025-12-23In hierdie video besoek Johan Allers Oceanista – Fashion & Sea in Het Scheepvaartmuseum. Dié uitstalling toon hoe die see en seevaart ’n invloed het op modes en die klere wat ons dra.
Jeugboeke, die unieke uitdaging
2025-12-18“Tieners lees nie meer nie!” sê hulle. “Bog!” sê Hannes Barnard en haal dan statistiek aan om die teendeel te bewys.
