LitNetKanaal op YouTube

Wyngaard Weekliks: Het die president te veel mag?

Heindrich Wyngaard, Oscar van Heerden, Pieter Duvenage Onderhoude 2026-03-03

In hierdie eerste video-aflewering van Wyngaard Weekliks bespreek Heindrich Wyngaard die oënskynlik toenemende verplasing van ministeriële funksies na die Presidensie. Sy gaste is die politieke kommentators Pieter Duvenhage en Oscar van Heerden.

Video-oorsig: Adam Small-fees 2026 (Pniël, Wes-Kaap)

Menán van Heerden LitNetKanaal op YouTube 2026-02-23

Die 2026-Adam Small-fees het 20–22 Februarie in Pniël, op pad na Franschhoek vanaf Stellenbosch, plaasgevind. Hierdie fees vind jaarliks in hierdie voormalige sendingstasie vir vrygestelde slawe plaas. Hierdie kort video-oorsig dek die Saterdag-program, wat op Internasionale Moedertaaldag geval het. Vanjaar was dit ’n spesiale viering, aangesien 2026 die jaar is waarin Adam Small 90 jaar oud sou geword het en hy 10 jaar gelede oorlede is. Daar is vanjaar ook hulde gebring aan die digter Diana Ferrus, wat in Januarie 2026 oorlede is.

"Nuwe oë"-videokompetisie: Word LitNet se gesig op sosiale media

LitNet LitNetKanaal op YouTube 2026-02-20

Is jy ’n beïnvloeder of inhoudskepper op sosiale media? Of wil jy graag een wees? LitNet is op soek na ’n kreatiewe persoon met ’n vars inslag om ons inhoud deur middel van video’s op sosiale media na nuwe en groter gehore te bring.

Kollig op akademikus Shamiega Chaudhari: kolonialisme, postkolonialisme en dekolonialisering

Shamiega Chaudhari LitNetKanaal op YouTube 2026-02-20

"Die Afrikaanse gogga het my gebyt." LitNet Akademies-navorser Shamiega Chaudhari vertel meer. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.

SteedsDink met LitNet Akademies: Shamiega Chaudhari oor haar akademiese navorsing

Shamiega Chaudhari LitNetKanaal op YouTube 2026-02-20

In hierdie video gesels Shamiega Chaudhari oor onder meer Arabiese Afrikaans, herwinning van identiteit en kultuur, dekolonialisering en postkolonialisme, en Afrikaanse skrywers soos Diana Ferrus, Gaireyah Fredericks en Chase Rhys. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.

Pareltjes uit Amsterdam: ’n Suid-Afrikaanse fokus op die Rijksmuseum

Johan Allers LitNetKanaal op YouTube 2026-02-19

Die beroemde Rijksmuseum in Amsterdam het taamlik baie materiaal oor Suid-Afrika in hulle besit. In hierdie pareltje wandel Johan Allers so ’n bietjie deur die museum se argiewe.

Pareltjes uit Amsterdam: Blue dots in die Stedelijk Museum

Johan Allers LitNetKanaal op YouTube 2026-02-06

Wat gebeur met belangrike kunswerke tydens ’n oorlog? In hierdie video besoek Johan Allers die Blue dots-uitstalling in die Stedelijk Museum. Die kleur van die kolle vertel ons meer van die kunswerke se waarde tydens ’n oorlog.

World Read Aloud Day 2026: Neo’s invisible blanket by Salamina Mosese

Salamina Mosese LitNetKanaal op YouTube 2026-02-06

During the week in which World Read Aloud Day took place for the year, Salamino Mosese read from her children's book Neo’s invisible blanket - in Sepedi.

Wêreldhardopleesdag 2026: Pharos Junior Tweetalige Skoolwoordeboek en Pharos Tweetalige Woordeboek

Lize Booysen LitNetKanaal op YouTube 2026-02-06

Het Lize Booysen van Pharos ’n woordeboek ingesluk? Ja, sy het! Dit was onlangs Wêreldhardopleesdag 2026 en Lize het op versoek uit skoolwoordeboeke voorgelees. Wenk: Gebruik jou woordeboek – en luister na al die betekenisse van die woord "verbruik" in hierdie video.

SteedsDink met LitNet Akademies: Mariëtte Geyser oor haar akademiese navorsing

Mariëtte Geyser LitNetKanaal op YouTube 2026-02-05

Mariëtte Geyser is ’n boer en ’n akademikus. In hierdie video gesels sy oor onder meer die landbou-ekonomie, insluitend klimaatsfinansiering, internasionale mededingendheid, nuwe markte, risikobestuur, uitvoerregulasies en voedselsekerheid. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.

Kollig op akademikus Mariëtte Geyser: Die Suid-Afrikaanse landboubedryf

Mariëtte Geyser LitNetKanaal op YouTube 2026-02-05

In hierdie video gesels Mariëtte Geyser oor onder meer kunsmatige intelligensie en landbou en algemene uitdagings vir boere. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.

Jou KI-IK: Die tuin se geheime held

Rouxlyn Botha LitNetKanaal op YouTube 2026-01-30

"Is die liewenheersbesie ’n monstertjie of ’n held?" Kyk na hierdie KI-gegenereerde video wat ’n LitNet-skoleverrykingsartikel (Lewenswetenskappe) deur Rouxlyn Botha (2024) opsom. LitNet eksperimenteer tans met KI, en hierdie Afrikaanse video verteenwoordig so ’n poging. 

Pareltjes uit Amsterdam: Kevin Osepa se uitstalling in die Stedelijk Museum

Johan Allers LitNetKanaal op YouTube 2026-01-29

In hierdie video besoek Johan Allers Kevin Osepa se uitstalling, wat handel oor die rouperiode na ’n begrafnis op sy geboorte-eiland Curaçao, in die Stedelijk Museum.

Jou KI-IK: Jou Suid-Afrikaanse erfenis

Menán van Heerden LitNetKanaal op YouTube 2026-01-06

KI praat Afrikaans. LitNet eksperimenteer tans met KI, en hierdie Afrikaanse video verteenwoordig so ’n poging. "Die geure van jou ouma se resep, die geheue en klanke van liedjies, die stories wat oorvertel word – ontasbare erfenis leef in ons almal. Watter waarde het erfenis wat nie kan afbrand of verwoes word soos ’n gebou of monument nie?" 

Pareltjes uit Amsterdam: Oceanista – Fashion & Sea

Johan Allers LitNetKanaal op YouTube 2025-12-23

In hierdie video besoek Johan Allers Oceanista – Fashion & Sea in Het Scheepvaartmuseum. Dié uitstalling toon hoe die see en seevaart ’n invloed het op modes en die klere wat ons dra.

Jeugboeke, die unieke uitdaging

Hannes Barnard LitNetKanaal op YouTube 2025-12-18

“Tieners lees nie meer nie!” sê hulle. “Bog!” sê Hannes Barnard en haal dan statistiek aan om die teendeel te bewys.

Your AI IQ: Jesus chatbots

Anné Hendrik Verhoef LitNetKanaal op YouTube 2025-12-17

"Can AI imitate God? What is lost when one seeks guidance from a machine?" This video overview of an accredited LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) article by Anné Verhoef is generated by AI.

Kollig op akademikus Sakkie Spangenberg

Sakkie Spangenberg LitNetKanaal op YouTube 2025-12-17

In hierdie video vertel Sakkie Spangenberg meer oor sy agtergrond en akademiese loopbaan, asook sy mees onlangse LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)-artikel “Sterwensbewustheid en lewensgenot in die boek Prediker en in gedigte van Breyten Breytenbach”. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. 

SteedsDink met LitNet Akademies: Sakkie Spangenberg oor sy akademiese navorsing

Sakkie Spangenberg LitNetKanaal op YouTube 2025-12-17

In hierdie video vertel Sakkie Spangenberg meer oor die Christelike geloof in verhouding met ander godsdienste, verdraagsaamheid, kritiese denke, en verskillende ervarings en perspektiewe. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. 

Your AI IQ: LitNet learning (the insect world) | Jou KI-IK: LitNet-leer (die insekwêreld)

Rouxlyn Botha LitNetKanaal op YouTube 2025-12-11

Are you a parent looking for videos, infographics and slides of educational materials to send to your school-aged child? AI quickly summarises and packages LitNet text material in various formats. | Is jy ’n ouer op soek na video’s, infografika en skyfies van verrykingsmateriaal wat jy aan jou skoolgaande kind kan aanstuur? KI kan LitNet-teksmateriaal opsom en blitsig in verskeie formate verpak.

Top