LitNetKanaal op YouTube
Elders gesien: Clinton V du Plessis se "Gebed" deur KI gesing
2025-11-26LitNet het toestemming gekry om hierdie video van die gedig "Gebed" te deel. Die gedig het in Clinton V du Plessis se bundel Verslag verskyn. Wat dink ons lesers van hierdie eindproduk? Deel asseblief julle sienings oor hierdie soort gebruik van KI, en ook oor die musiek.
SteedsDink met LitNet Akademies: Jaco Beyers oor sy akademiese navorsing
2025-11-25In hierdie video gesels Jaco Beyers (Godsdiensstudies, Universiteit van Pretoria) oor onder meer digitale nalatenskap, genadedood, sekularisasie en sinkretisme. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
Kollig op akademikus Jaco Beyers: die verband tussen teorie en praktyk
2025-11-25In hierdie video gesels Jaco Beyers (Godsdiensstudies, Universiteit van Pretoria) oor sy studies, sy ervaring as dominee, die verband tussen teorie en praktyk, en toekomstige navorsing. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
SteedsDink met LitNet Akademies: Inge Engelbrecht oor haar akademiese navorsing
2025-11-12In hierdie video gesels Inge Engelbrecht oor onder meer die koortjie, musiek-erfenis op Genadendal, haar PhD wat deels in Kaaps geskryf is, en Suid-Afrika se diverse stemme en klanke. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
Kollig op akademikus Inge Engelbrecht: die koortjie
2025-11-12In hierdie video gesels Inge Engelbrecht oor haar navorsing oor die koortjie, KI en musiek, en haar werksaamhede by die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
Die Lasarus-effek: Solomon Tshekisho (Sol) Plaatje (1876–1932)
2025-11-12"Ek wil fokus op die dagboek wat Sol Plaatje, ’n intellektueel, joernalis, taalkundige, politikus en skrywer, tydens die beleg van Mafeking in die Anglo-Boereoorlog bygehou het."
Is Afrikaners slagoffers?
2025-10-30Daar is onlangs weer modder gegooi nadat ’n groep Afrikaners ’n ope brief geskryf het waarin hulle Donald Trump se narratief, naamlik dat wit Afrikaners slagoffers is in Suid-Afrika, verwerp het. Freek Robinson gee aan Barend la Grange, sameroeper van Dialoog vir Aksie, en Jaco Kleynhans van Solidariteit die geleentheid om elkeen hul standpunt te stel oor hierdie aangeleentheid.
Die Lasarus-effek: CJ Langenhoven (1873–1932)
2025-10-29"Die beminde 'Sagmoedige Neelsie' was en is steeds volksbesit. Hoeveel plesier het sy priemende en gevatte spreuke my nie al verskaf nie."
Is Ozempic die wonderkuur?
2025-10-22Die media gons oor Ozempic, maar werk dit regtig? Waarom is Hollywood so verlief op die middel? Wat is die nadele, indien eniges? Dit is die vrae wat Freek Robinson aan die mediese spesialis Helmuth Reuter stel.
Die storie van ’n storie: van roman tot draaiboek
2025-10-16"Die verhaal is uitgeknip vir ’n film: Dis ’n buitengewone avontuur; dis ’n liefdesverhaal; dit klop met die gees van ons tyd van klimaatskrisis; dit het emosionele en intellektuele diepte, en sterk visuele trefkrag."
Fotoblad en kort opname: Vyfde Swart Afrikaanse skrywersimposium (Universiteit van Wes-Kaapland, Oktober 2025)
2025-10-16Die vyfde Swart Afrikaanse skrywersimposium (Sas) het op 10 en 11 Oktober 2025 by die Universiteit van Wes-Kaapland plaasgevind. Hiermee ’n fotoblad deur Ian Landsberg.
Pareltjes uit Amsterdam: Met Suzaan Potgieter in Amsterdam
2025-10-15In hierdie video besoek Johan Allers saam met die Suid-Afrikaanse joernalis Suzaan Potgieter talle besienswaardighede van Amsterdam, waaronder die geliefde Blommemark en Staalstraat, waar die ANC in ballingskap hulle kantore gehad het.
Ek mis vir Trompie
2025-09-30In hierdie video bespreek Koos Kombuis drie boeke waarin die lewens van tieners beskryf word. Hy dink terug aan sy eie tienerjare, en nie alles was maanskyn en rose nie. Al drie die boeke is "uitstekende werke", maar hulle het hom ontstel.
Gaan Helen Zille Johannesburg kan red?
2025-09-25Die DA het Helen Zille benoem as hulle burgemeesterskandidaat vir 2026 in Johannesburg. Sal sy die stad kan red? Dit vra Freek Robinson aan Hermann Pretorius by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge.
Konteks en proses: Die Afrikaanse vertaling van Max Havelaar of die koffieveilings van die Nederlandse Handelsmaatskappy (Protea Boekhuis, 2025)
2025-09-23"Die roman het in ’n groot mate bygedra tot die maatskaplike en parlementêre debat oor Nederland se koloniale bewind en daartoe gelei dat belangrike aanpassings gemaak is."
Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar
2025-09-15Eksamentyd? Hersieningstyd? LitNet se video’s kan jou help. Kyk na hierdie video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!
Die migrerende liggaam: geheue, beweging en betekenis in die postkoloniale verbeelding
2025-09-03"Die migrerende liggaam staan as ’n grens – onthou en vergeet, van self en ander, van hier en daar. Maar dit is ook ’n brug: van taal, van genesing, van gemeenskap."
"Wie (se fout) is ek?" Mymeringe (nee, stukkies) oor identiteit
2025-08-14"Paternoster, dan, waar ek my tweede identiteit gesement het; waar ek my (skrywers-) plek in die Afrikaanse leef- en denkwêreld leer ken het."
Pareltjes uit Amsterdam: Susan Coetzee-van Rooy van die Zuid-Afrikahuis
2025-07-04Susan Coetzee-van Rooy het in Junie vanjaar by die Zuid-Afrikahuis-span in Amsterdam aangesluit. Susan is die eerste Suid-Afrikaanse direkteur van hierdie kultuur- en kennissentrum. Sy vertel vir Johan Allers meer oor haar passie vir tale en hoe sy haar pad na die Zuid-Afrikahuis op Keizersgracht gevind het.
Daar is ’n witvlerknagtegaal wat net in Sanskrit sing
2025-06-19Hierdie voordrag deur Dominique Botha word as deel van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad aangebied. Dit is oorspronklik tydens verlede jaar se Etienne van Heerden Veldsoirée op 20 Augustus 2024 te Nxuba (Cradock) gehou.
