Visueel

Wyngaard Weekliks: Wat woel by FW se stigting? word gevra ná Van der Rheede se bedanking

Heindrich Wyngaard, Gert van der Westhuizen, Coetzee Bester Onderhoude 2026-09-25

Die FW de Klerk-stigting se aankondiging dat hulle hulle distansieer van uitsprake deur hul uitvoerende hoof, Christo van der Rheede, het die vraag laat ontstaan: Wat gaan daar aan? Heindrich Wyngaard probeer antwoorde kry by ’n raadslid, Coetzee Bester, en die politieke joernalis Gert van der Westhuizen.

"Die Durbanse poepwedstryd": die vieslikste gedig in Afrikaans, of dalk satiriese verset?

Riana Scheepers LitNet-skrywersberaad 2026-09-23

"Van al die gedigte in Afrikaans, al die duisende gedigte wat subliem mooi is en van voortreflike literêre vakmanskap getuig, is daar een wat my nog al die jare lank bybly – om al die verkeerde redes."

Die ANC en die Verkiesingshof: Niks salf meer te smeer aan ANC nie, sê dié ontleders

Heindrich Wyngaard, Roland Henwood, Oscar van Heerden Onderhoude 2026-09-18

Munisipale verkiesing 2026: Die ANC hou voet by stuk dat dit die Verkiesingskommissie se aanlyn stelsel was wat die party gepootjie het met die registrasie van kandidate. Die politieke ontleders Roland Henwood en Oscar van Heerden sê aan Heindrich Wyngaard dit is nóg ’n teken van ANC-agteruitgang.

Dit is die patriargie in ons samelewing wat reeksmoordenaars baar

Heindrich Wyngaard, Bafana Khumalo Opinion 2026-09-17

Die land is geskok oor die liggame van tot op hede nege vroue wat in Ekurhuleni ontdek is nadat hulle vermoedelik die slagoffers van ’n reeksverkragter en -moordenaar was. Heindrich Wyngaard praat hieroor met die organisasie Sonke Gender Justice se Bafana Khumalo.

Die tragiese as miskende verstaanskategorie: ’n naby blik op twee politieke denkmodusse

Charl-Pierre Naudé LitNet-skrywersberaad 2026-09-11

"In die agtergrond van die oorgang vanuit die noodlotsgees na die bevrydingsgees is daar die verhaal van die mens se vrye wil. Vrye wil al dan nie is ’n belangrike speler op hierdie verhoog."

Andries Bezuidenhout en sy kitaar

Andries 'Roof' Bezuidenhout Etienne van Heerden Veldsoirée 2026-09-07

Hierdie video van Andries Bezuidenhout en sy kitaar is op Vrydag 24 Julie 2026 tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée voor ’n gehoor opgeneem.

Koos Komiek: Gaan die Dertigers ooit terugkom?

Koos Kombuis Visueel 2026-09-04

Koos Kombuis lewer maandeliks kommentaar op die absurde werklikheid.

SteedsDink met LitNet Akademies: Kanja van der Merwe oor tolking

Kanja van der Merwe SteedsDink 2026-08-24

In hierdie video gesels LitNet Akademies-navorser Kanja van der Merwe oor onder meer tolking en KI, en die verband tussen navorsing en die praktyk.

Kollig op Kanja van der Merwe: Tolkopleiding en tolkaanleerstrategieë

Kanja van der Merwe SteedsDink 2026-08-24

In hierdie video gesels LitNet Akademies-navorser Kanja van der Merwe oor haar agtergrond en navorsingsveld.

Koos Komiek: Is soirées goed vir die letterkunde?

Koos Kombuis Visueel 2026-08-14

Koos Kombuis lewer maandeliks kommentaar op die absurde werklikheid.

Wyngaard Weekliks: Noudat bek-en-klouseer beter gehanteer word, wag varkpes en ander krisisse om die draai.

Heindrich Wyngaard, Johann Kirsten LitNetKanaal op YouTube 2026-08-11

Terwyl die fokus in landboukringe nog stewig op die bek-en-klouseer-krisis in Suid-Afrika is, maan die landbou-ekonoom Johann Kirsten dat die volgende krisisse – waaronder varkpes – reeds met ons is. Hy praat met Heindrich Wyngaard na aanleiding van sy onlangse meningsartikel oor bek-en-klouseer en verwante sake.

Veldsoirée 2026: videoflitse

Menán van Heerden Etienne van Heerden Veldsoirée 2026-08-03

"Bootcamp vir die brein" heet Stefan van Zyl van die SA Akademie se beskrywing van die pas afgelope Etienne van Heerden Veldsoirée in die Oos-Kaapse Karoo. Skrywers, akademici, praktisyne en studente het van 24 tot 26 Julie in Nxuba/Cradock byeengekom om saam te debatteer, te gesels en die "veld" in "Veldsoirée" te geniet. Die Etienne van Heerden Veldsoireé 2026 is aangebied deur LitNet Akademies, ’n maatskappy sonder winsbejag. Videografie en produksie: Menán van Heerden

Video-opname: die Karel Schoeman-gedenklesing 2026

Johann Rossouw, Ria Winters Boeke en skrywers 2026-07-31

LitNet was die mediavennoot van die jaarlikse Karel Schoeman-gedenklesing. Hierdie gesprek het tussen Johann Rossouw en Ria Winters plaasgevind. Die video word hiermee op LitNet gepubliseer.

Orde van die Windpomp die sewende keer by die Etienne van Heerden Veldsoirée toegeken

Izak de Vries Etienne van Heerden Veldsoirée 2026-07-26

Die orde van die Windpomp is vanjaar vir die sewende keer tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée toegeken. In hierdie video vertel Van Heerden meer oor die geskiedenis van dié eksentrieke prys. Hy kondig ook die wenner aan.

Koos Komiek: Aardverwarming

Koos Kombuis Visueel 2026-07-22

Koos Kombuis lewer maandeliks kommentaar op die absurde werklikheid.

Veldsoirée-video 2026: Op pad na die Oos-Kaapse Karoo

Menán van Heerden Etienne van Heerden Veldsoirée 2026-07-22

Karoo-koppies, aalwyne en kaggelvure: die Veldsoirée skop binnekort af. Hiermee ’n kort lusmakervideo van die wintertyd roadtrip na die Oos-Kaapse Karoo. Die Etienne van Heerden Veldsoirée word aangebied deur LitNet Akademies, ’n maatskappy sonder winsbejag. Videografie en produksie: Menán van Heerden

Wyngaard Weekliks: Die regte mense met die regte vaardigheid sal munisipaliteite regruk

Heindrich Wyngaard, Harlan Cloete Onderhoude 2026-07-08

Munisipaliteite se geldbestuur en dienslewering kan reggestel word indien mense met die nodige kundigheid én toegewydheid aangestel word, sê Harlan Cloete, ’n politieke kommentator. Hy praat met Heindrich Wyngaard oor die ouditeur-generaal se jongste bevindings oor plaaslike regering.

Wyngaard Weekliks: Bafana-prestasie sorg vir ’n welkome ubuntu-oomblik

Heindrich Wyngaard, Gert van der Westhuizen Onderhoude 2026-06-26

Heindrich Wyngaard praat met Gert van der Westhuizen, ’n voormalige sportjoernalis, oor Bafana Bafana se oorwinning teen Suid-Korea in die 2026 Fifa Sokkerwêreldbekertoernooi. Dit het die Suid-Afrikaanse span teen alle verwagtinge in tot die uitspeelrondtes laat deurdring.  

Wyngaard Weekliks: Nuwe besems mág skoon vee, sê dié ontleder oor GHL se RNE-skuiwe

Heindrich Wyngaard, André Duvenhage Onderhoude 2026-06-24

Die politieke kommentator André Duvenhage van die Noordwes-universiteit glo dit is binne die reg van Geordin Hill-Lewis as nuwe DA-leier om veranderinge aan sy party se openbare verteenwoordiging aan te bring. Hill-Lewis, wat ook GHL genoem word, het onder meer besluit om sy voorganger, John Steenhuisen, van sy kabinetspos te ontneem.

Stemnota: Teenimmigrante-optogte op 30 Junie 2026

André Duvenhage Menings 2026-06-22

Die burgerlike beweging March and March dring daarop aan dat alle onwettige immigrante Suid-Afrika teen 30 Junie moet verlaat. Grootskaalse betogings regoor Suid-Afrika word vir hierdie sperdatum beplan. Wat kan ons te wagte wees? Politieke ontleder André Duvenhage lewer kommentaar.

Top