Visueel
Die Lasarus-effek: Andries Albertus Pienaar (Sangiro) (1894–1979)
2025-12-09"Sy vormingsjare in Duits-Oos-Afrika (wat dele van die huidige Tanzanië, Rwanda en Burundi beslaan het), aan die voet van Kilimandjaro, het ’n lewenslange liefde vir diere en die tropiese landskap gevestig. Die plaaslike bevolking het hom die bynaam Sangiro, wat 'hasie' beteken, gegee omdat hy so vinnig kon hardloop – ’n naam wat hy later as skrywersnaam sou gebruik."
SteedsDink met LitNet Akademies: Asambese Mkumatela oor haar akademiese navorsing
2025-12-04Afrikaans is Asambese Mkumatela (US-Taalsentrum) se derde taal. In hierdie video gesels sy oor onder meer haar navorsing oor riglyne vir die ontwerp van ʼn taakgebaseerde sillabus met gefokuste pedagogiese vertaaltake vir Afrikaansvreemdetaalstudente, en Suid-Afrika as ’n meertalige land. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
Kollig op akademikus Asambese Mkumatela: meertaligheid in Suid-Afrika
2025-12-04Afrikaans is Asambese Mkumatela (US-Taalsentrum) se derde taal. Sy vertel meer oor onder andere haar ervarings as student by die Universiteit Stellenbosch en meertaligheid in Suid-Afrika. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
Die Lasarus-effek: Deneys Reitz (1882–1944)
2025-12-03"Deneys Reitz se Commando: A journal of the Boer War, wat in 1929 gepubliseer is (in 1930 in Afrikaans), word wêreldwyd as een van die indringendste en lewendigste ooggetuieverslae van die Anglo-Boereoorlog (1899–1902) beskou."
Die Lasarus-effek: DF Malherbe (1881–1969)
2025-11-26"Daniël François Malherbe was ’n kolos in die Tweede Afrikaanse Taalbeweging. Hy is in 1881 gebore en was as skoolseun al geesdriftig oor Afrikaans, en het toe reeds ’n taalkongres in die Paarl bygewoon. Hy was ook tydgenoot van Totius en AG Visser en hulle het saam gretig vir die poskar gewag om Di Patriot en Ons Klyntji te ontvang."
Die Lasarus-effek: Anna M Louw (1912–2003)
2025-11-26"Anna M Louw is een van Afrikaans se belangrikste prosaïste, ’n 'eenloper' wat geweier het om deel van enige literêre beweging te wees."
Elders gesien: Clinton V du Plessis se "Gebed" deur KI gesing
2025-11-26LitNet het toestemming gekry om hierdie video van die gedig "Gebed" te deel. Die gedig het in Clinton V du Plessis se bundel Verslag verskyn. Wat dink ons lesers van hierdie eindproduk? Deel asseblief julle sienings oor hierdie soort gebruik van KI, en ook oor die musiek.
SteedsDink met LitNet Akademies: Jaco Beyers oor sy akademiese navorsing
2025-11-25In hierdie video gesels Jaco Beyers (Godsdiensstudies, Universiteit van Pretoria) oor onder meer digitale nalatenskap, genadedood, sekularisasie en sinkretisme. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
Kollig op akademikus Jaco Beyers: die verband tussen teorie en praktyk
2025-11-25In hierdie video gesels Jaco Beyers (Godsdiensstudies, Universiteit van Pretoria) oor sy studies, sy ervaring as dominee, die verband tussen teorie en praktyk, en toekomstige navorsing. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
Die Lasarus-effek: Topsy Smith (1914–1985)
2025-11-19"Hoe aangenaam om Topsy Smith, wat ongeveer 200 boeke die lig laat sien het, uiteindelik in die oë te kan kyk en sy vriendelike glimlag te kan ervaar. Hy is natuurlik veral bekend vir sy jeugboeke, in die besonder die Trompie- en Saartjie-reekse, laasgenoemde onder die skuilnaam Bettie Naudé."
Die Lasarus-effek: Ingrid Jonker (1933–1965)
2025-11-18"Ingrid Jonker is een van die mees gevierde, prominente en tragiese digters in die Afrikaanse literatuur. Haar bestaan in hierdie wye en droewe land was kort, té kort, maar haar invloed reik steeds verder en dieper in die kollektiewe bewussyn van mense wat haar en haar gedigte waardeer en bewonder."
Die Lasarus-effek: Tant Miem Rothmann (MER): (1875–1975)
2025-11-12"Omdat MER se bemoeienis met die Afrikaanse saak dekades voor my politieke en literêre bewuswording gebeur het, het ek haar meesal deur Hennie Aucamp leer ken. Sy was vir Hennie ’n belangrike rigtinggewer."
SteedsDink met LitNet Akademies: Inge Engelbrecht oor haar akademiese navorsing
2025-11-12In hierdie video gesels Inge Engelbrecht oor onder meer die koortjie, musiek-erfenis op Genadendal, haar PhD wat deels in Kaaps geskryf is, en Suid-Afrika se diverse stemme en klanke. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
Kollig op akademikus Inge Engelbrecht: die koortjie
2025-11-12In hierdie video gesels Inge Engelbrecht oor haar navorsing oor die koortjie, KI en musiek, en haar werksaamhede by die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
Die Lasarus-effek: Solomon Tshekisho (Sol) Plaatje (1876–1932)
2025-11-12"Ek wil fokus op die dagboek wat Sol Plaatje, ’n intellektueel, joernalis, taalkundige, politikus en skrywer, tydens die beleg van Mafeking in die Anglo-Boereoorlog bygehou het."
Die Lasarus-effek: Jan FE Celliers (1865–1940)
2025-11-06"Daar is weldeeglik oor Jan FE Celliers geskryf. Ek wil daarom kortliks op sy omvangryke oorlogsdagboek fokus. Hierdie dagboek, in Nederlands geskryf, het my oor die jare groot plesier verskaf."
Die Lasarus-effek: ID du Plessis (1900–1981)
2025-11-05"'Rietfontein' van ID du Plessis was die eerste gedig wat jare gelede aan my begin kleef het. Dit is volledig opgeneem in ons Afrikaanse handboek in matriek – in 1981. Daar was vir my iets magies, dramaties en boeiend aan dié ballade."
Is Afrikaners slagoffers?
2025-10-30Daar is onlangs weer modder gegooi nadat ’n groep Afrikaners ’n ope brief geskryf het waarin hulle Donald Trump se narratief, naamlik dat wit Afrikaners slagoffers is in Suid-Afrika, verwerp het. Freek Robinson gee aan Barend la Grange, sameroeper van Dialoog vir Aksie, en Jaco Kleynhans van Solidariteit die geleentheid om elkeen hul standpunt te stel oor hierdie aangeleentheid.
Die Lasarus-effek: Eugène Marais (1871–1936)
2025-10-30"Min Afrikaanse skrywers het oor die jare soveel durende aandag as Eugène Marais ontvang. Hy was ons eerste groot digter, en agt van sy gedigte is deur André P Brink in Groot verseboek van 2000 opgeneem. Wie weet nie van 'Winternag' en 'Die dans van die reën' nie?"
Die Lasarus-effek: CJ Langenhoven (1873–1932)
2025-10-29"Die beminde 'Sagmoedige Neelsie' was en is steeds volksbesit. Hoeveel plesier het sy priemende en gevatte spreuke my nie al verskaf nie."
