Visueel

Kollig op akademikus Marni Bonthuys: Suid-Afrika, Nederland en België

Marni Bonthuys LitNetKanaal op YouTube 2026-03-19

In hierdie video gesels Marni Bonthuys oor haar agtergrond en navorsing. Haar navorsingsfokus is Afrikaanse en Nederlandse letterkunde met die fokus op kanonisering, ruimte en identiteit, postkolonialisme en feminisme. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.

Pareltjes uit Amsterdam: Danh Vo in die Stedelijk Museum

Johan Allers Kuns 2026-03-18

Johan Allers besoek die Stedelijk Museum en ontdek ’n pareltje in ’n solo-uitstalling deur die kunstenaar Danh Vo.

Wiskunde met LitNet-video: Graad 9-faktorisering, oefening 2

Lee-Ann Langeveld Notas, toetse en vraestelle 2026-03-18

"So maklik soos om langs die see te gaan sit en vakansie te hou. Dis jou antwoord as jy in graad nege is en nog steeds vra: 'Hoe moeilik is faktorisering?' Kyk hierdie tweede video deur Lee-Ann Langeveld om hierdie konsep verder te verduidelik."

Wiskunde met LitNet-video: Graad 9-faktorisering, oefening 1

Lee-Ann Langeveld Notas, toetse en vraestelle 2026-03-17

As jy in graad 9 is en sukkel om faktorisering te verstaan, sal Lee-Ann Langeveld se video jou help om beter te verstaan. Hier is die eerste video van twee video's oor hierdie onderwerp.

Wyngaard Weekliks: Ja of nee dat UWK na Allan Boesak vernoem word?

Heindrich Wyngaard, Danie van Wyk, Christian Martin Onderhoude 2026-03-12

Die vieringe van Allan Boesak se 80ste verjaardag gaan met omstredenheid gepaard. Daar word berig dat die bestuur van die Universiteit van Wes-Kaapland teen ’n naamsverandering besluit het. Dit is nie noodwendig die einde van die debat nie. Heindrich Wyngaard luister na die uiteenlopende menings van Christian Martin, voorsitter van die Oos-Kaapse komitee vir geografiese name, en Danie van Wyk, voorsitter van die DAK Netwerk.

Wiskunde met LitNet-video: Graad 10-kwadratiese getalpatrone, kenmerke en vrae

Lee-Ann Langeveld Notas, toetse en vraestelle 2026-03-11

Is jy in graad 10 en verstaan jy nie kwadratiese getalpatrone nie? Kyk hier: Lee-Ann Langeveld verduidelik alles vir jou in hierdie splinternuwe Wiskundevideo!

Stemnota: VSA-Israeli-konflik met Iran

Theo Venter Menings 2026-03-10

Gebaseer op onlangse gebeure in 2026, het die VSA, in samewerking met Israel, op 28 Februarie 2026 groot lugaanvalle teen Iran geloods. Verskeie teikens is getref, en dit het tot die dood van die opperleier, ajatolla Ali Khamenei, gelei. Theo Venter neem bestek op.

Koos Komiek: Derde Wêreldoorlog?

Koos Kombuis Visueel 2026-03-06

Koos Kombuis lewer maandeliks kommentaar op die absurde werklikheid.

Pareltjes uit Amsterdam: Karel Appel in die Stedelijk Museum

Johan Allers Kuns 2026-03-05

In hierdie aflewering ontdek Johan Allers ’n onbekende pareltje in die Stedelijk Museum: ’n klein koffiekamertjie wat in die vyftigerjare deur Karel Appel beskilder is.

Stemnota: Trump en wêreldwye energiebeheer

André Duvenhage Menings 2026-03-05

Luister na politieke ontleder André Duvenhage se stemnota oor die streeksoorlog in die Midde-Ooste en die moontlikheid dat dit kan uitbrei tot ’n derde wêreldoorlog. Hoe raak dit SA?

Wyngaard Weekliks: Het die president te veel mag?

Heindrich Wyngaard, Oscar van Heerden, Pieter Duvenage Onderhoude 2026-03-03

In hierdie eerste video-aflewering van Wyngaard Weekliks bespreek Heindrich Wyngaard die oënskynlik toenemende verplasing van ministeriële funksies na die Presidensie. Sy gaste is die politieke kommentators Pieter Duvenhage en Oscar van Heerden.

Video-oorsig: Adam Small-fees 2026 (Pniël, Wes-Kaap)

Menán van Heerden LitNetKanaal op YouTube 2026-02-23

Die 2026-Adam Small-fees het 20–22 Februarie in Pniël, op pad na Franschhoek vanaf Stellenbosch, plaasgevind. Hierdie fees vind jaarliks in hierdie voormalige sendingstasie vir vrygestelde slawe plaas. Hierdie kort video-oorsig dek die Saterdag-program, wat op Internasionale Moedertaaldag geval het. Vanjaar was dit ’n spesiale viering, aangesien 2026 die jaar is waarin Adam Small 90 jaar oud sou geword het en hy 10 jaar gelede oorlede is. Daar is vanjaar ook hulde gebring aan die digter Diana Ferrus, wat in Januarie 2026 oorlede is.

"Nuwe oë"-videokompetisie: Word LitNet se gesig op sosiale media

LitNet LitNetKanaal op YouTube 2026-02-20

Is jy ’n beïnvloeder of inhoudskepper op sosiale media? Of wil jy graag een wees? LitNet is op soek na ’n kreatiewe persoon met ’n vars inslag om ons inhoud deur middel van video’s op sosiale media na nuwe en groter gehore te bring.

Kollig op akademikus Shamiega Chaudhari: kolonialisme, postkolonialisme en dekolonialisering

Shamiega Chaudhari LitNetKanaal op YouTube 2026-02-20

"Die Afrikaanse gogga het my gebyt." LitNet Akademies-navorser Shamiega Chaudhari vertel meer. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.

SteedsDink met LitNet Akademies: Shamiega Chaudhari oor haar akademiese navorsing

Shamiega Chaudhari LitNetKanaal op YouTube 2026-02-20

In hierdie video gesels Shamiega Chaudhari oor onder meer Arabiese Afrikaans, herwinning van identiteit en kultuur, dekolonialisering en postkolonialisme, en Afrikaanse skrywers soos Diana Ferrus, Gaireyah Fredericks en Chase Rhys. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.

Pareltjes uit Amsterdam: ’n Suid-Afrikaanse fokus op die Rijksmuseum

Johan Allers LitNetKanaal op YouTube 2026-02-19

Die beroemde Rijksmuseum in Amsterdam het taamlik baie materiaal oor Suid-Afrika in hulle besit. In hierdie pareltje wandel Johan Allers so ’n bietjie deur die museum se argiewe.

Pareltjes uit Amsterdam: Blue dots in die Stedelijk Museum

Johan Allers LitNetKanaal op YouTube 2026-02-06

Wat gebeur met belangrike kunswerke tydens ’n oorlog? In hierdie video besoek Johan Allers die Blue dots-uitstalling in die Stedelijk Museum. Die kleur van die kolle vertel ons meer van die kunswerke se waarde tydens ’n oorlog.

World Read Aloud Day 2026: Neo’s invisible blanket by Salamina Mosese

Salamina Mosese LitNetKanaal op YouTube 2026-02-06

During the week in which World Read Aloud Day took place for the year, Salamino Mosese read from her children's book Neo’s invisible blanket - in Sepedi.

Wêreldhardopleesdag 2026: Pharos Junior Tweetalige Skoolwoordeboek en Pharos Tweetalige Woordeboek

Lize Booysen LitNetKanaal op YouTube 2026-02-06

Het Lize Booysen van Pharos ’n woordeboek ingesluk? Ja, sy het! Dit was onlangs Wêreldhardopleesdag 2026 en Lize het op versoek uit skoolwoordeboeke voorgelees. Wenk: Gebruik jou woordeboek – en luister na al die betekenisse van die woord "verbruik" in hierdie video.

SteedsDink met LitNet Akademies: Mariëtte Geyser oor haar akademiese navorsing

Mariëtte Geyser LitNetKanaal op YouTube 2026-02-05

Mariëtte Geyser is ’n boer en ’n akademikus. In hierdie video gesels sy oor onder meer die landbou-ekonomie, insluitend klimaatsfinansiering, internasionale mededingendheid, nuwe markte, risikobestuur, uitvoerregulasies en voedselsekerheid. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.

Top