Visueel
Kollig op akademikus Mariëtte Geyser: Die Suid-Afrikaanse landboubedryf
2026-02-05In hierdie video gesels Mariëtte Geyser oor onder meer kunsmatige intelligensie en landbou en algemene uitdagings vir boere. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
Jou KI-IK: Die tuin se geheime held
2026-01-30"Is die liewenheersbesie ’n monstertjie of ’n held?" Kyk na hierdie KI-gegenereerde video wat ’n LitNet-skoleverrykingsartikel (Lewenswetenskappe) deur Rouxlyn Botha (2024) opsom. LitNet eksperimenteer tans met KI, en hierdie Afrikaanse video verteenwoordig so ’n poging.
Pareltjes uit Amsterdam: Kevin Osepa se uitstalling in die Stedelijk Museum
2026-01-29In hierdie video besoek Johan Allers Kevin Osepa se uitstalling, wat handel oor die rouperiode na ’n begrafnis op sy geboorte-eiland Curaçao, in die Stedelijk Museum.
Die Lasarus-effek: Hester Heese (1911–1992)
2026-01-15"Hester Heese (nooiensvan De Swardt) is op 26 Oktober 1911 in Kuilsrivier naby Kaapstad gebore en was een van sewe kinders. Na haar opleiding as kindertuinonderwyseres het sy onderwys gegee op Upington en later in Kaapstad. In 1937 trou sy met Karl Heese en uit die huwelik is vyf kinders gebore. As pastoriemoeder van verskeie NGK-gemeentes het sy aktief aan gemeenskapsaktiwiteite deelgeneem."
Die Lasarus-effek: Tryna du Toit (1910–2005)
2026-01-15"Catherina Charlotte Kotzenberg, wat die skuilnaam Tryna du Toit gebruik het, is op 13 Januarie 1910 op De Aar gebore en het ’n merkwaardige loopbaan as Afrikaanse skrywer gehad. Na haar opleiding as onderwyseres het sy in 1932 met Wilhelm Kotzenberg in die huwelik getree en hulle het drie kinders gehad. Tydens haar huwelik was sy eers voltyds huisvrou voordat sy voltyds begin skryf het."
Die Lasarus-effek: Peter Blum (1925–1990)
2026-01-07"Peter Blum was een van die mees raaiselagtige en vlymskerp figure in die Afrikaanse letterkunde. Hy is in Europa gebore (waarskynlik in Wene) en het as kind in 1936 na Suid-Afrika gekom om aan die opkoms van Nazisme te ontkom."
Jou KI-IK: Jou Suid-Afrikaanse erfenis
2026-01-06KI praat Afrikaans. LitNet eksperimenteer tans met KI, en hierdie Afrikaanse video verteenwoordig so ’n poging. "Die geure van jou ouma se resep, die geheue en klanke van liedjies, die stories wat oorvertel word – ontasbare erfenis leef in ons almal. Watter waarde het erfenis wat nie kan afbrand of verwoes word soos ’n gebou of monument nie?"
Die Lasarus-effek: Hettie Smit (1908–1973)
2026-01-06"Smit word vandag onthou as ’n pionier wat die Afrikaanse taal met ’n 'fyn en verfynde' hand bespeel het en as ’n vrou wat die moed gehad het om haar diepste sielsleed in kuns te omskep."
Die Lasarus-effek: Ernst van Heerden (1916–1997)
2025-12-24"Ernst van Heerden was een van die mees verwikkelde en gerespekteerde figure in die Afrikaanse letterkunde. Sy lewe en werk is gekenmerk deur ’n fassinerende paradoks: die viering van fisieke krag teenoor die pynlike verwerking van liggaamlike aftakeling."
Pareltjes uit Amsterdam: Oceanista – Fashion & Sea
2025-12-23In hierdie video besoek Johan Allers Oceanista – Fashion & Sea in Het Scheepvaartmuseum. Dié uitstalling toon hoe die see en seevaart ’n invloed het op modes en die klere wat ons dra.
Die Lasarus-effek: AD Keet (1888–1972)
2025-12-23"Albertus Daniel Keet was ’n veelsydige figuur in die Afrikaanse kultuurgeskiedenis: ’n gerespekteerde geneesheer, ’n musikale digter en ’n belangrike kulturele skakel tussen Suid-Afrika en Europa."
Die Lasarus-effek: Alba Bouwer (1920-2010)
2025-12-18"Alba Bouwer se literêre loopbaan het op ’n onverwagse manier begin toe Landbouweekblad haar in 1954 versoek het om stories vir hulle kinderrubriek te skryf. Sy het nostalgiese verhale geskep wat teruggryp na haar geliefde plaastyd. Dit het tot die geboorte van Stories van Rivierplaas gelei."
Jeugboeke, die unieke uitdaging
2025-12-18“Tieners lees nie meer nie!” sê hulle. “Bog!” sê Hannes Barnard en haal dan statistiek aan om die teendeel te bewys.
Your AI IQ: Jesus chatbots
2025-12-17"Can AI imitate God? What is lost when one seeks guidance from a machine?" This video overview of an accredited LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) article by Anné Verhoef is generated by AI.
Die Lasarus-effek: RW (Roland) Schikkerling (1879–1944)
2025-12-17"Roly, soos hy deur vriende en familie genoem is, het as negentienjarige by die Boeremagte aangesluit. Hy was van die begin af baie realisties oor die Boere se kanse op ’n oorwinning. Op bladsy 2 van sy fantastiese dagboek sê hy: 'Ek moet erken dat ek bloedmin hoop gehad het op ’n suksesvolle einde vir ons. Maar hoekom moet daar hoop wees?'"
Kollig op akademikus Sakkie Spangenberg
2025-12-17In hierdie video vertel Sakkie Spangenberg meer oor sy agtergrond en akademiese loopbaan, asook sy mees onlangse LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)-artikel “Sterwensbewustheid en lewensgenot in die boek Prediker en in gedigte van Breyten Breytenbach”. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
SteedsDink met LitNet Akademies: Sakkie Spangenberg oor sy akademiese navorsing
2025-12-17In hierdie video vertel Sakkie Spangenberg meer oor die Christelike geloof in verhouding met ander godsdienste, verdraagsaamheid, kritiese denke, en verskillende ervarings en perspektiewe. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
Your AI IQ: LitNet learning (the insect world) | Jou KI-IK: LitNet-leer (die insekwêreld)
2025-12-11Are you a parent looking for videos, infographics and slides of educational materials to send to your school-aged child? AI quickly summarises and packages LitNet text material in various formats. | Is jy ’n ouer op soek na video’s, infografika en skyfies van verrykingsmateriaal wat jy aan jou skoolgaande kind kan aanstuur? KI kan LitNet-teksmateriaal opsom en blitsig in verskeie formate verpak.
Your AI IQ: LitNet research (Afrikaans black metal) | Jou KI-IK: LitNet-navorsing (Afrikaanse swartmetaal)
2025-12-11AI quickly summarises and packages LitNet text material in various formats, such as podcasts, videos and infographics. | KI kan LitNet-teksmateriaal opsom en blitsig in verskeie formate (soos podsendinggesprekke, video’s en infografika) verpak.
Die Lasarus-effek: PJ Schoeman (1903–1988)
2025-12-10"Pieter Johannes (Piet) Schoeman was een van Suid-Afrika se belangrikste natuur- en kultuurskrywers, wat intieme konneksies tussen die Afrikaanse letterkunde, veldbelewenis en volkekunde gevestig het. Hy is in ’n nagmaalwa naby Utrecht in Natal gebore en word groot in ’n wêreld waar die veld, die Drakensberge, die Bosveld en die Zoeloekultuur sy vormingsjare diep beïnvloed."
