Visueel

Die Lasarus-effek: Emily Hobhouse

Jannie Pretorius Visueel 2025-10-23

"’n Mens hoef min oor Emily Hobhouse te sê, want sy is bekend genoeg. Die bygaande foto, waarvan die swart-en-wit weergawe in haar Boer War Letters gepubliseer is, is só fantasties deur Gemini getransformeer dat dit byna sonder enige bykomende inligting geplaas kon word."

Is Ozempic die wonderkuur?

Freek Robinson, Helmuth Reuter LitNetKanaal op YouTube 2025-10-22

Die media gons oor Ozempic, maar werk dit regtig? Waarom is Hollywood so verlief op die middel? Wat is die nadele, indien eniges? Dit is die vrae wat Freek Robinson aan die mediese spesialis Helmuth Reuter stel.

Die storie van ’n storie: van roman tot draaiboek

Frederik de Jager LitNetKanaal op YouTube 2025-10-16

"Die verhaal is uitgeknip vir ’n film: Dis ’n buitengewone avontuur; dis ’n liefdesverhaal; dit klop met die gees van ons tyd van klimaatskrisis; dit het emosionele en intellektuele diepte, en sterk visuele trefkrag."

Fotoblad en kort opname: Vyfde Swart Afrikaanse skrywersimposium (Universiteit van Wes-Kaapland, Oktober 2025)

Ian Landsberg LitNetKanaal op YouTube 2025-10-16

Die vyfde Swart Afrikaanse skrywersimposium (Sas) het op 10 en 11 Oktober 2025 by die Universiteit van Wes-Kaapland plaasgevind. Hiermee ’n fotoblad deur Ian Landsberg.

Pareltjes uit Amsterdam: Met Suzaan Potgieter in Amsterdam

Johan Allers LitNetKanaal op YouTube 2025-10-15

In hierdie video besoek Johan Allers saam met die Suid-Afrikaanse joernalis Suzaan Potgieter talle besienswaardighede van Amsterdam, waaronder die geliefde Blommemark en Staalstraat, waar die ANC in ballingskap hulle kantore gehad het.

Die Lasarus-effek: Tant Miem Fischer (1867–1956)

Jannie Pretorius Visueel 2025-10-15

"Die inskrywings in tant Miem Fischer se welbekende kampdagboek is meestal so skerp soos skeermeslemme, met die gevolg dat ek huiwer om haar sommer te 'Miem'."

Die Lasarus-effek: Wilhelm Mangold (1877–1922)

Jannie Pretorius Visueel 2025-10-14

"Wilhelm Mangold, van Duitse agtergrond, sluit hom met die uitbreek van die Anglo-Boere-oorlog (Suid-Afrikaanse Oorlog) by die Heidelberg-kommando aan. In sy oorlogsdagboek word gebeure oor 17 maande boeiend en akkuraat aangebied."

Ek mis vir Trompie

Koos Kombuis LitNetKanaal op YouTube 2025-09-30

In hierdie video bespreek Koos Kombuis drie boeke waarin die lewens van tieners beskryf word. Hy dink terug aan sy eie tienerjare, en nie alles was maanskyn en rose nie. Al drie die boeke is "uitstekende werke", maar hulle het hom ontstel.

Gaan Helen Zille Johannesburg kan red?

Freek Robinson, Hermann Pretorius LitNetKanaal op YouTube 2025-09-25

Die DA het Helen Zille benoem as hulle burgemeesterskandidaat vir 2026 in Johannesburg. Sal sy die stad kan red? Dit vra Freek Robinson aan Hermann Pretorius by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge.

Konteks en proses: Die Afrikaanse vertaling van Max Havelaar of die koffieveilings van die Nederlandse Handelsmaatskappy (Protea Boekhuis, 2025)

Ena Jansen LitNetKanaal op YouTube 2025-09-23

"Die roman het in ’n groot mate bygedra tot die maatskaplike en parlementêre debat oor Nederland se koloniale bewind en daartoe gelei dat belangrike aanpassings gemaak is."

Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet LitNetKanaal op YouTube 2025-09-15

Eksamentyd? Hersieningstyd? LitNet se video’s kan jou help. Kyk na hierdie video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Die migrerende liggaam: geheue, beweging en betekenis in die postkoloniale verbeelding

Nolwazi Mahlangu LitNetKanaal op YouTube 2025-09-03

"Die migrerende liggaam staan as ’n grens – onthou en vergeet, van self en ander, van hier en daar. Maar dit is ook ’n brug: van taal, van genesing, van gemeenskap."

"Wie (se fout) is ek?" Mymeringe (nee, stukkies) oor identiteit

Heindrich Wyngaard LitNetKanaal op YouTube 2025-08-14

"Paternoster, dan, waar ek my tweede identiteit gesement het; waar ek my (skrywers-) plek in die Afrikaanse leef- en denkwêreld leer ken het."

Uitnodiging: Om ’n bordjie kos

LitNet Kuns 2025-07-17

Kom woon die opening by op Saterdag 19 Julie om 11:00 by die Breytenbach-galery.

Pareltjes uit Amsterdam: Susan Coetzee-van Rooy van die Zuid-Afrikahuis

Johan Allers LitNetKanaal op YouTube 2025-07-04

Susan Coetzee-van Rooy het in Junie vanjaar by die Zuid-Afrikahuis-span in Amsterdam aangesluit. Susan is die eerste Suid-Afrikaanse direkteur van hierdie kultuur- en kennissentrum. Sy vertel vir Johan Allers meer oor haar passie vir tale en hoe sy haar pad na die Zuid-Afrikahuis op Keizersgracht gevind het.

Daar is ’n witvlerknagtegaal wat net in Sanskrit sing

Dominique Botha LitNetKanaal op YouTube 2025-06-19

Hierdie voordrag deur Dominique Botha word as deel van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad aangebied. Dit is oorspronklik tydens verlede jaar se Etienne van Heerden Veldsoirée op 20 Augustus 2024 te Nxuba (Cradock) gehou.

Die groot "Ek is": heuning uit die karkas van ’n leeu

Tom Dreyer LitNetKanaal op YouTube 2025-04-02

"Psychonauts, oftewel psigedeliese reisigers, beskryf die psige soms as ’n eindelose reeks kamers. En ek vermoed hulle het iets beet."

Deel in die vreugde van die ATKV-Skryfskool

LitNet LitNetKanaal op YouTube 2025-03-14

Hierdie kort video toon grepe uit 2024 se ATKV-Skryfskool toe Bernard Odendaal en Hans du Plessis die leiers was. Kom, deel in die vreugde! Vir slegs R380 kan jy die kursus bywoon, boonop is alle gespreksessies tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée gratis vir deelnemers aan die ATKV-Skryfskool.

Die impak van grootdata op tradisionele argiewe: ’n oorsig van uitdagings en geleenthede

Burgert A Senekal LitNetKanaal op YouTube 2025-03-13

"Ten spyte van die uitdagings bied grootdata ook geleenthede vir tradisionele argiewe. Deur nuwe tegnologieë te omarm en hul praktyke aan te pas, kan argiewe hul versamelings uitbrei en meer diverse inligting insluit, en steeds relevant bly in die digitale era."

Wêreldhardopleesdag, 5 Februarie 2025: Jaco Jacobs lees voor uit Dit is nie ’n boek nie

Jaco Jacobs LitNetKanaal op YouTube 2025-02-05

Jaco Jacobs lees voor op Wêreldhardopleesdag! Hier is ’n voorlesing vir al die kinders en vir almal jonk van gees.

Top